- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Jaco Jacobs
Kinders: 6 tot 8 Jaar
Krok en Dil se Blou Alfabetboek
R 45.00
Krok en Dil het pret van A tot Z! Maak kennis met die letters van die alfabet in hierdie prettige, kleurvolle boek, perfek vir beginnerlesers.
Krok en Dil se Geel Woordsoekboek
R 45.00
Hierdie boek is propvol woorde - woorde net waar jy kyk! Help Krok en Dil om die woorde te soek. Dié woordsoekboek is nie vet pret nie, dit help kinders ook om hul woordeskat uit te brei, beter te spel en ure lank besig te bly!
Krok en Dil se Rooi Rympieboek
R 45.00
Krok en Dil hou van rympies! Hierdie rooi rympieboek is propvol prettige rympies. Voer dit op! Leer dit uit jou kop! Of lees dit net vir die pret! Perfek vir voorlees en selflees.
Minki en haar maats (boek 1)
R 120.00
Minki verjaar … en haar grootste wens word waar! Sy kry uiteindelik haar eie hondjie. Die babahondjie is baie oulik. Maar hoe gaan sy vir hom die perfekte naam kies?
Minki en haar maats (boek 2)
R 120.00
Minki se skool hou ’n dieredag. Sy en haar maats kan nie wag om soos hulle gunstelingdiere aan te trek nie. Almal weet Natalie is mal oor ponies. Maar Danika sê ponies is vervelig. Minki het ’n plan …
Riek en Niek: N Draak op n Skaatsplank
R 120.00
Die skool hou ’n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen. Niek gaan almal laat SKATER van die lag. Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen. Daarom maak sy ’n NARE PLAN om seker te maak Riek en Niek staan nie ’n kans n...
Riek en Niek: Superslak
R 120.00
Spoetniek is nie ’n gewone slak nie. Hy is GROTER as al die ander slakke in die skool se tuin. En VINNIGER ook. Riek en Niek laat hom resies jaag teen die ander slakke. Hy wen elke keer. Maar nare Nanja hou nie van slakke nie. Daarom kla sy by juffrou Burp … e … juffrou Burk … en kort voor lank is arme Spoetniek se lewe in gevaar! Kan Riek en Ni...
Z is vir Zackie (Boekpak 1) 5 in 1
R 310.00
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ’n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend,...
Z is vir Zackie (Boekpak 2) 5 in 1
R 310.00
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ’n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vri...