- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Latest
Kinders: 8 tot 10 Jaar
Lewe volgens Wim Vermaak
R 175.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...
Lekker Liewe Heksie-stories (Omnibus)
R 250.00
Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige ...
Dodelikste donuts in die heelal
R 165.00
Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! W...
Hondman 3: Katkenades
R 240.00
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per o...
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 190.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Wim Vermaak maak 'n plan
R 175.00
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland W...
Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 190.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Ka...
Katastrofe
R 150.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...
Ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas
R 135.00
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture ...
Sokkerdrome (1): Afskop
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy 'n sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy ʼn sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Sneeuman-swem
R 150.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Baie, Baie Snaakse Boek (Jaco Jacobs)
R 160.00
Die kinders in juffrou Seekoei se klas is vanoggend baie besig! Hulle baljaar en speel, hulle teken prentjies en sing liedjies. Maar elke nou en dan loer juffrou Seekoei kwaai oor haar bril. Waarom lag Hiëna die hele tyd? Wat is so verskriklik snaaks?Kom vind self uit in hierdie baie, baie snaakse boek en lag dubbel so hard vir die grappies ...
Jy is Wonderlik
R 150.00
Jy is wonderlik is propvol positiewe boodskappe om bruin meisies te inspireer om hulle drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin meisies aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier en om uitsonderlik te wees op alle terreine. Ook beskikbaar in Engels, isiZulu, isiXhosa en Setswana
Meisie met 21 Vrae
R 150.00
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?” Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel. Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?”...
My Groot Bybelstorie Knip en Plak Boek
R 150.00
Wil jy bekende Bybelstories op ’n nuwe, kraakvars manier met jou kleingoed deel? My groot Bybelstorie knip-en-plak-boek bied die antwoord! Kinders tussen 5 en 8 jaar sal vir ure besig bly deur die 48 projekte self te maak met alledaagse materiaal soos eierboksies, papierborde, strooitjies, plastiekhouertjies, papier en karton. Die krea...