- Home
- Kinders: Nie-fiksie
- Lapa
Kinders: Nie-fiksie
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 230.00
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopo...
Gom vir jou stukkende wêreld
R 190.00
Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en 'n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om: Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan. Antwoorde op hul geestelike ...
Sal 'n Skilpad op jou Piepie?
R 140.00
Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!Wat is 'n snotblom? Hoe groot was 'n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies en hoe smaak dit? Wat is hienabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?Word gril-gril slim en ontdek die grieselige...
Vind Uit! Ingenieurswese
R 170.00
Wat wil jy graag uitvind? Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto's, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret ni...
Slym Boek
R 170.00
Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym! Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en l...
Uitvinders, Planmakers en ander Slimkoppe van SA
R 350.00
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, wat...
My Groot Lofkleuter Bybel 2
R 290.00
Nog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders!Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees.Terwy...
Doel!
R 260.00
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!’n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokke...
Loop Lag-Lag deur die Wetenskapklas
R 130.00
27 Getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer! Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Maar is jy nuuskierig en wonder jy hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is hierdie die boek vir jou! Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en ...
Doendinge vir elke dag van die jaar (Fanie Viljoen)
R 120.00
Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê...
Mensgemaakte Wonders van Afrika
Mensgemaakte Wonders van Afrika
R 100.00
In hierdie boek van Dawid van Lill val die kollig op die meer as 1 miljard mense wat in Afrika tuis is, en op alles wat hulle gedoen het om hul onuitwisbare stempel op dié vasteland af te druk. • ’n Oorsig oor die verskillende aspekte van die lewe in Afrika • van die uitgestrekte stede tot die duisende aanbiddingsplekke • ingenieurswonders soos ...
Kampioene: AB de Villiers
R 120.00
Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde! Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem. Geskryf spesifiek vir kinders nege jaar en ouer, vertel dit die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre ...
Groot Katte
R 80.00
Vertrek op 'n opwindende safari en leer ken die konings van die oerwoud. Sien sluipende luiperds, skugter poemas en blitsige jagluiperds in aksie. Kyk hoe 'n jaguar sy prooi bekruip, soek saam na die seldsame Bengaalse tier en ontmoet die koning van die diere, die magtige leeu. Toets jou kennis en geniet agt bladsye vol prettige aktiwiteite!
Motors
R 80.00
Hoe vinnig ry die blitsigste motor ter wereld? Hoe groot is 'n monsterbakkie se bande? Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.
Goggas
R 80.00
Maak gereed vir ’n wereld van ontdekking en vind meer uit oor insekte en ander goggas. Hierdie fantastiese boek verken allerlei goggas, van ’n insek wat soos ’n stok lyk tot ’n skoenlapper wat met sy pote proe! Van mierleeus wat in die woestynsand wegkruip tot besige bye – daar is allerlei interessante goggas wat wag om ontdek te word. Ontmoet...
My maats kom kuier!
R 180.00
Hou die beste oorslaappartytjies ooit! Net een ding is lekkerder as ’n uitslaapaand, en dit is om een te beplan. Met alles van speletjies en vasvrae tot bederf-idees en middernagfeeste sal jou idees nooit opraak met My maats kom kuier! nie. My maats kom kuier! is propvol aktiwiteite, temas en dinge om te maak wat jou maats vir dae aan die praa...