Kinders
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Ek kan nou Lees: Plaasstories
R 70.00 R 90.00
Hierdie pragtige boek met plaasstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit. "
My heel eerste plakkerboek: Seekat
R 40.00 R 80.00
Leer ken kleure en ontwikkel fyn motoriese vaardighede in hierdie boek met kleurvolle prente en herbruikbare plakkers. Die kleur van die plakkers moet gebruik word om te bepaal waar die regte plek op die bladsy is om dit te plak. Kinders sal leer om die primêre kleure te herken met hierdie opwindende eerste plakkerboek!
My heel eerste plakkerboek: Lama
R 40.00 R 80.00
Leer ken kleure en ontwikkel fyn motoriese vaardighede in hierdie boek met kleurvolle prente en herbruikbare plakkers. Die kleur van die plakkers moet gebruik word om te bepaal waar die regte plek op die bladsy is om dit te plak. Kinders sal leer om die primêre kleure te herken met hierdie opwindende eerste plakkerboek!
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Vakansiepret Boek 2: Vliërs en Filmsterre
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s’n ve...
Meisie op die Dak, Die
R 200.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Mieke en die Meerminne 2: Die Koningin se Konsert
R 80.00 R 160.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke weet hulle bestaan regtig. En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Mieke is baie opgewonde toe sy uitvind Luna se ma verjaar. Al die mee...
My Familie: 'n Reis deur die Tyd
R 40.00 R 150.00
'n Oulike kykboek met illustrasies van Fimo-klei gemaak deur Ann de Bode. Ons reis deur die tyd vanaf die Neanderdalmens tot nou, en sien hoe hulle woon, hulself warm hou, watter troeteldiere hulle aanhou en soveel meer!
Hoe dinge werk: Biologie-eksperimente in jou agterplaas
R 60.00 R 145.00
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel...
Stalmaats: Anri se Plan
R 70.00 R 110.00
Anri en haar twee Stalmaats-vriende, Karen en Megan, hou baie van die Peace Shelter-kinders wat die ryskool besoek. Veral Nomhle wat net so baie van perde hou soos hulle. Anri-hulle besluit om 'n lekker verrassing vir die skuilingkinders te reël. Maar dan gebeur ’n aaklige ding ... Is Nomhle regtig skuldig? Sal die drie Stalmaats betyds kan uit...
Geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood, Die
R 80.00 R 150.00
Op ’n dag kry Petra Pienk ’n briljante plan ... Sy gaan piesangbrood verkoop! Maar dis nie sommer gewone piesangbrood nie – Petra voeg ’n geheime bestanddeel by. Sommer gou is Petra se piesangbrood op almal se lippe. En iemand is desperaat om uit te vind wat die geheime bestanddeel is...
Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...
Reënboogrant Maats Omnibus 2
R 125.00 R 210.00
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwinden...
Jy is 'n Regte Wonderdier
R 65.00 R 150.00
Almal hou baie van die duikhoendertjie en wys hom hoe om sekere dinge te doen, maar hy leer baie stadig. Daarom vermoed niemand dat hy 'n regte wonderdier is nie... En tog, vir almal wat weet: Elke kind is iets baie besonders!
Vyfde skaap
R 65.00 R 160.00
'n Skaap met spits ore en skerp tande? 'n Wolf het tussen die skape ingesluip. Lina wil weet wat hy van plan is om te doen. Maar niemand hoef bang te wees vir 'n wolf wat 'n monster kan wegjaag nie.