- Home
- Kinders: Onder 6 Jaar
- Latest
Kinders: Onder 6 Jaar
Tags
- Everything in Kinders: Onder 6 Jaar
- Afrikaans
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- Emosies
- Fantasi
- Fiksie
- Graded Reading Level 2
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Picture Flats
- Skool Hulpmiddels
- Stories met Lesse
- Struik
Stap vir stap: Tel tot 100
R 140.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 100 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!
Babadierestories: Nag, Apie
R 150.00
Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is. Hierdie pragtige slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur.
Babadierestories: Nag, Eendjie
R 150.00
Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur . . . en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind - pootjies wat kan skop, veertjies wat hom warm hou wanneer hy swem en ‘n piepstemmetjie om Mamma Eend mee te roep.
Babadierestories: Nag, Pikkewyntjie
R 135.00
Dis Pikkewyntjie se eerste dag by die kleuterskool. Hy hou net mooi niks daarvan om weg te wees van sy mamma en pappa nie! Maar ná ’n dag saam met die ander pikkewyntjies, besef hy dat dit groot pret is om maatjies te hê. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n ki...
Babadierestories: Nag, Hasie
R 135.00
Kom saam met Hasie wanneer sy die eerste keer die holte verlaat en die wêreld aandurf. Sy vind uit sy het alles wat ’n hasie nodig het – lang ore om mee te luister, ’n knoopneusie om mee te snuffel en sterk agterpote vir hardloop, huppel en hop. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige storie...
Verf en leer: 123
R 185.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!
Verf en leer: Kleure
R 185.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind sodat kinders na die kleure kan kyk! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!
Vou en vind: Ontdek diere!
R 195.00
Hierdie unieke vouboek bevat verskeie dieretonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende soorte diere.
Vou en vind: Reis deur tyd!
R 195.00
Hierdie unieke vouboek bevat verskeie historiese tonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende historiese tydperke!
Ek maak reg vir kleuterskool 4+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 260 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, te ontwikkel!
My gunsteling-dierestories
R 160.00
Hierdie boek bevat 5 stories oor diere wat kinders se verbeelding sal aangryp. Die stories wat ingesluit is, is Die vos en die ooievaar, Die lelike eendjie, Die haas en die skilpad, Die kraai en die kruik en Die drie Rammetjies Rof. Die boek is perfek vir voorlees tydens slaaptyd, maar ook selflees!...
Op die rug van 'n tier
R 185.00
Van daar teen die muur staar die tier se juweelgroen oë na Tom. Sy snorbaarde wikkel. Sy stert swaai. Tom hou asem op. Die tier gee een tree vorentoe. En nog een.... Tom teken 'n tier na sy besoek aan die kunsgalery en so begin 'n asemrowende avontuur saam met die einste tier....
My bielieboek vol getalle!
R 185.00
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wêreld van getalle bekendgestel! Helderkleurige illustrasies, eenvoudige woorde en teloefeninge help kinders om speel-speel hulle eerste syfervaardighede te ontwikkel!
My bielieboek vol kleure!
R 185.00
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wonderlike wêreld van kleure bekendgestel! Helderkleurige illustrasies en eenvoudige eerste woorde leer kinders speel-speel van die kleure van die wêreld waarin hulle grootword!
My gunsteling-slaaptydstories
R 160.00
Hierdie boek bevat 5 slaaptydstories wat kinders op 'n opwindende verbeeldingsreis sal neem. Die stories wat ingesluit is, is Die plaasmuis en die dorpsmuis, Rooikappie, Hansie en Grietjie, Die dors duif en Die bondel stokke. Die boek is perfek vir voorlees tydens slaaptyd, maar ook selflees! ...
Prinses Minna: Die betowerde woud
R 180.00
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.