Kinders: 8 tot 10 Jaar
Geheime Koninkryk: Donker Doolhof
R 120.00
Janie, Bianka en Tamsin moet nog een bestanddeel vind om te keer dat koning Kieliebaard nie vir altyd ’n stinkpadda gaan wees nie. Maar die gemene koningin Gorina is ook in die rondte, en sy is vasbeslote om die meisies te keer. Kan die drie meisies koningin Gorina oorwin, die laaste bestanddeel vind, en vir koning Kielie-baard van die wondermid...
Geheime prinsesse: Popprinses
R 135.00
Lara en Anke het ’n spesiale geheim – hulle leer om Geheime Prinsesse te wees, towerprinsesse wat wense kan waar maak. Met hul wenshangertjies reis hulle na die Towerpaleis waar die Geheime Prinsesse bymekaarkom. Maar die aaklige prinses Martelle is vasbeslote om hul wenskrag vir haarself te vat en die Towerpaleis te vernietig! Hierdie keer moet...
Kattekwaad
R 115.00
Saggies klap, saggies trap.Een, twee, drie.Rol die bal.Vang die bal.Een, twee, drie.Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel. Mietsie word wakker en ontdek...
Perfekte Werk vir Pappa, Die
R 80.00
Pappa se werk is so vervelig! Wat as hy ophou om na vergaderings te gaan... en eerder die Sewe See begin verken, teen drake begin veg, of in 'n vuurpyl deur die ruimte blits?
Stalmaats: Stormnag
R 70.00
Anri kan nie glo Jacques het haar gevra om saam met hom na die Valentynsdans te gaan nie. Intussen is almal by die ryskool opgewonde omdat daar ’n vulletjie op pad is. Maar een stormagtige nag loop dinge verkeerd ... en Anri en Jacques moet blitsvinnig ’n plan maak.
Stalmaats: Komaan, Karen!
R 70.00
In die sesde boek in die Stalmaats-reeks, lê daar ‘n besige tyd voor vir die Stalmaats. Anri, Karen en Megan moet oefen vir die perdekompetisie wat die vakansie plaasvind én dan hou die skool boonop ‘n Pretdag om geld in te samel. Maar iets is verkeerd. Waarom tree Karen so skielik vreemd op? Oefen sy te hard met Prinses? En waarom wil sy nie vi...
Dinowêreld Omnibus 2
R 165.00
Is jy gereed vir die grootste avontuur ooit? Johan en sy beste vriend, Tom, ontdek ’n geheime grot met versteende voetspore in Dinobaai. Toe hulle op die voetspore loop, beland hulle in ’n wêreld vol regte, lewende dinosourusse. Saam met hul dino-maat, Wanna, beleef die twee seuns allerlei asemrowende – maar ook gevaarlike – oertyd-avonture! Die...
Draakasem
R 150.00
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur? Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem. Sy ma red ou tannies uit brandende geboue. Selfs sy kleinsussie skrik vir niks… En Darius? Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie. Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry … Jaco J...
Wilde Wikus!
R 160.00
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico h...
Rooikop, die leeu en die handgranaat, Die
R 150.00
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar ding. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of ’n groot hand...
Suurlemoen! 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter
R 220.00
Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word. Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boe...
Middernagfees
R 200.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Monsterrugby
R 160.00
Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vi...
My hart is vol Graffiti
R 70.00
Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa 'n artikel vir 'n tienertydskrif skryf. Die ...
Geheime Koninkryk: Towerberg
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.
Geheime koninkryk: Skitterstrand
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.