Kinders
Hoe dinge werk: Biologie-eksperimente in jou agterplaas
R 60.00 R 145.00
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel...
Plakkerpret met 555 Voertuie
R 155.00
Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van allerhande soorte en groottes voertuie. Skep tonele van besige strate en stasies tot warmlugballonne en 'n ruimte-avontuur! Hou klein handjies so op die langpad besig!
Liewe Heksie se groot omnibus
R 365.00
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is 'n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksi...
Stories vir pikkies en peuters
R 150.00
Stories vir pikkies en peuters vergesel die gewilde Rympies vir pikkies en peuters om vir kinders van een tot drie jaar oud 'n versameling ouderdoms- en onderwerpsgepaste stories te bied. Saamgestel volgens die nasionale opvoedkundige vereistes vir 1-3 jaar, is dit 'n onmisbare hulpmiddel in speelskole, en 'n staatmaker op die tuisboekra...
My reënboogboek 3+ jaar Boek 1
R 95.00
Met hierdie saamdra-aktiwiteitboek vir 3+ jaar kan kinders van kleure leer en terselfdertyd hulle fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die buitelyne van die prente wys vir kinders watter kleure om te gebruik en die bladsye kan ook met plakkers versier word. Die tekeninge is eenvoudig en die plakkers is vir klein handjies gemaak! ...
Saartjie Omnibus 8
R 199.00
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en '...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 2 (Omnibus 3-in-1)
R 190.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir...
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n Tier touloop?
R 99.00
Se nou ’n tier kom kuier . . . Doen saam met Tier karate, word ook ’n rock-ster en baljaar saam op ’n springkasteel. Jy sal verbaas wees oor hoe gestreep, gulsig en grootbek hy regtig is. In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bo...
Liewe Heksie Leesboek 1
R 175.00
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.
Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
R 170.00
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim me...
Saartjie Omnibus 7
R 199.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
Storiemuis Boek 6
R 245.00
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD met 'n voorlesing, liedjies en vele meer. In Boek 6 is daar nog syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. Kom luister, lees en lee...
Trompie Omnibus 3 (3-in-1)
R 199.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksom...
Mag ek in jou doek loer?
R 225.00
Met die 10de verjaarsdaguitgawe van hierdie topverkoper potjieboek met flappies kan kinders ’n positiewe les leer oor potjiedissipline. Muisie is ’n nuuskierige agie wat oral wil inloer. Hy wil selfs in al sy maatjies se doeke loer! Maar wanneer sy maats in sy doek loer, kry hulle ’n groot verrassing. Die grappige vertaling deur Philip de Vos sa...
Presies anders Boek 1: Eksperimente en eerste soene
R 165.00
Zoe en Zoya is n identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak ding...
Slymerigste, stinkerigeste eksperimente-boek
R 80.00
Hierdie eksperimenteboek is nie vir bangbroeke of bewebroeke nie – slegs vir koelkoppe! Maak konkoksies van glibberige slym, verwyder ’n eier se dop sonder om dit te breek, kweek yslike koekies seep, maak ’n mummie van ’n baie stinkerige vis, en vele meer! Elke eksperiment word gevolg deur die ware en interessante wetenskaplike feite. Wetenskap ...