- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Protea
Kinders: 6 tot 8 Jaar
Amok Op N Besemstok
R 150.00
Die heks het n kat en n puntige hoed. En gemmerrooi hare, gevleg soos dit moet. En soos hulle vlieg op die waai van die wind, kan jy Heksie hoor lag en katertjie spin.
Daar's 'n grak in my sak (Dr. Seuss)
R 185.00
Was daar al ooit ’n grak in jou sak? Of ’n benster in jou venster? Wat van ’n noeknak op jou boekrak? Met ’n kombinasie van skreeusnaakse stories, lawwe karakters en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees pret. Lees Dr. Seuss se gewilde There’s a Wocket in My Pocket vir die eerste keer in Afrikaans!
Drie vriende
R 70.00 R 120.00
In ’n huisie by die see woon ’n kat, ’n hond en ’n muis gelukkig saam. Op ’n dag klop ’n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen ’n spesiale geskenk. Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wêreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?
Een vis, twee visse, rooi vis, blou vis (Dr. Seuss)
R 180.00
Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.
Goorgomgaai, Die
R 190.00
'n Muis gaan stap deur die donker bos. 'n Vos sien die muis en hy dink aan kos. Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy 'n vos, 'n uil en 'n honger goorgomgaai raakloop...
Groot Poefwedstryd, Die
R 160.00
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkom sien Koning Kuttel dan 'n optog van verriklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan die koninklike kneg hierdie jaar uitbeitel in die gede...
Hallo, Vos! Hallo, Haas!
R 150.00
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan!
Hoe die grons Kersfees gesteel het (Dr. Seuss)
R 160.00
Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat ... Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT! Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?
Horton Hoor 'n Hoe! (Dr. Seuss)
R 175.00
Op die 15de Mei in die oerwoud van Noelterwyl Herrie Olifant swem in sy poelsou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor,’n klein krieselklankie wat krap in sy oor… Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die ...
Kan ek vir my 'n troeteldier kry? (Dr. Seuss)
R 160.00 R 185.00
Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? ’n Hondjie, of katjie, of dalk ’n vis of ’n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies! ...
Kat kom terug (Dr. Seuss)
R 185.00
Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.
Klein Plakpoppies: Katjies
R 130.00
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse ma...
Knorrige Kwevoel
R 150.00
Kwevoel sit rustig in haar nes hoog daar bo, met haair grys opwipkuid en haar wakker kraaloe. Die ander voels wil graag met haar speel en gesels, maar Kwevoel wil net uitgelos word. Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwevoel dad ons almals n vriend of twee nodig het.
Moeps die Ster
R 160.00
Die wêreld se mees selfgesentreerde mopshond neem aan ’n prettige fotosessie deel. Hy trek allerhande lawwe kostuums aan en dans rond – hy wil graag die ster van die dag wees. Maar dan sien die fotograaf Worsie raak. Moeps is nie juis bly daaroor dat Worsie die kollig steel nie en probeer alles om sy sterstatus terug te kry! Nog ’n ...
Moeps die Toeris
R 160.00
Moeps gaan saam op reis, maar dit was dalk nie die beste idee om hom saam te neem nie. Oral waar dié stoute mopshond gaan, veroorsaak hy chaos! Hy sit beslis nie sy beste pootjie voor nie. Maar soos die gesegde lui: Elke hond kry sy dag ...Nog 'n lekkerlag rympiesboek vir Moeps se aanhangers!
Muishuis, Die: By die Kermis
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op 'n dag met albasters speel, tel hulle 'n besonderse klip op - 'n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. ...