- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Protea
Kinders: 6 tot 8 Jaar
Een vis, twee visse, rooi vis, blou vis (Dr. Seuss)
R 180.00
Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.
Hallo, Vos! Hallo, Haas!
R 150.00
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan!
Hoe die grons Kersfees gesteel het (Dr. Seuss)
R 160.00
Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat ... Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT! Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?
Horton Hoor 'n Hoe! (Dr. Seuss)
R 175.00
Op die 15de Mei in die oerwoud van Noelterwyl Herrie Olifant swem in sy poelsou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor,’n klein krieselklankie wat krap in sy oor… Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die ...
Kan ek vir my 'n troeteldier kry? (Dr. Seuss)
R 160.00 R 185.00
Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? ’n Hondjie, of katjie, of dalk ’n vis of ’n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies! ...
Kat kom terug (Dr. Seuss)
R 185.00
Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.
Klein Plakpoppies: Katjies
R 130.00
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse ma...
Moeps die Ster
R 160.00
Die wêreld se mees selfgesentreerde mopshond neem aan ’n prettige fotosessie deel. Hy trek allerhande lawwe kostuums aan en dans rond – hy wil graag die ster van die dag wees. Maar dan sien die fotograaf Worsie raak. Moeps is nie juis bly daaroor dat Worsie die kollig steel nie en probeer alles om sy sterstatus terug te kry! Nog ’n ...
Moeps die Toeris
R 160.00
Moeps gaan saam op reis, maar dit was dalk nie die beste idee om hom saam te neem nie. Oral waar dié stoute mopshond gaan, veroorsaak hy chaos! Hy sit beslis nie sy beste pootjie voor nie. Maar soos die gesegde lui: Elke hond kry sy dag ...Nog 'n lekkerlag rympiesboek vir Moeps se aanhangers!
Muishuis, Die: By die Kermis
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op 'n dag met albasters speel, tel hulle 'n besonderse klip op - 'n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. ...
Muishuis, Die: Sam en Julia
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis.Julie bly saam met haar ma in 'n baie klein kamertjie op die boonste verdieping. Sy het nie 'n pa, boeties of sussies nie, en ook geen oupa of ouma nie. Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Sy hou van opwinding en sodra sy verveeld is, gaan sy buitentoe. Op soek na avontuur. Met haar maatjie Sam. Sam woon i...
Omdat ek so lief is vir jou
R 160.00
Ysie ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe om 'n sneeuvlokkie te smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die belangrikste vraag ke...
Reus van der Bees
R 160.00
Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geillustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorle – ...
Richard Scarry: Beste rympies Ooit
R 185.00
Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme. Daniel Hugo se vertalings van ou bekendes soos “Little Miss Muffet”, “Simple Simon”, “Old Mother Hubbard” en “Georgie Porgie” gee hulle ’n onverwagse nuwe lewe in Afrikaans.
Richard Scarry: My Eerste Groot Woordeboek
R 180.00
In Richard Scarry se My Eerste Groot Woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. ’n Plesie...
Tant Bettie se Broekie
R 160.00
Tant Bettie het 'n gunstelingbroekie wat op 'n dag van die wasgoeddraad afgewaai word – en wilde avonture beleef. Sal Tant Bettie ooit weer haar broekie terugkry? 'n Storie met koddige kinkels en vrolike illustrasies, perfek vir voorlees!