Free National Shipping on Orders over R500!

About Us

DISKONTO BOEKE

U EENSTOP AFSLAG BOEKWINKEL

 

Vanaf 1992 stel Diskonto Boeke kinders bekend aan die vreugde van lees. Diskonto Boeke is daartoe verbind om kinders aan te moedig om te lees deur aan hulle ’n groot verskeidenheid boeke, oor ’n verskeidenheid onderwerpe, teen die laagste pryse aan te bied.


In ’n veranderde Suid-Afrika en die wêreld wat al kleiner word streef Diskonto Boeke daarna om oor kultuurgrense boeke aan te bied wat die behoeftes van ouers, onderwysers en kinders sal bevredig.


In 1992 het Gerrit Swanepoel vanuit sy huis in Roodepoort begin om skole en biblioteke landswyd te bedien maar was later verplig om verteenwoordigers aan te stel om met die taak te help.


In 1996 was hy verder genoodsaak om sy eie pakhuis te koop en het 4 bakkies, 2 sleep-waens en ’n stasiewa gebruik om boeke te vervoer. Diskonto Boeke streef daarna om te alle tye aan die breë leserspubliek die grootste verskeidenheid boeke teen die laagste pryse aan te bied en geen moeite sal ontsien word om die diens regoor die land aan te bied nie.


Die inhoud van boeke wat ons aanbied sal:

  • Aan hoë morele standaarde voldoen
  • In geen opsig diskrimineer teen enige ras, kleur, geslag of ouderdom nie
  • Nie afbreuk doen aan gemeenskapswaardes nie

 

Om ons boeke by alle gemeenskappe te kry ag Diskonto Boeke –

  • Alle gemeenskappe gelyk
  • Is geen dorp of gemeenskap te klein om te bedien nie
  • Sal die ekstra myl geloop word om ouers, onderwysers en kinders van boeke te voorsien

 

Die doel van Diskonto Boeke is om ’n nuwe geslag lesers in ’n nuwe Suid-Afrika te kweek. Om die doel te bereik, bied Diskonto Boeke ’n groot verskeidenheid Afrikaanse en Engelse boeke vir die hele gesin. Ons neem dus lettelik die winkel  na die klant deur verkopings te reël by skole en openbare biblioteke. Van die dorpe word tot drie keer ’n jaar besoek. Ons kan dus met reg die “reisende” boekwinkel genoem word wat aan sy klante ’n ongeëewenaarde diens lewer tot en met vandag.

DISKONTO BOEKE doen sake vanaf 1992 en was bekend as die ”SOUT-POT-ONDERNEMING” wat sy produk na die klant neem, eerder as om te wag vir die klant om na hom te kom. Die tevredenheid van klante word ervaar in die groot reaksie wat ons telkens ondervind by ’n dorp as die klante mekaar behoorlik vertrap om eerste te wees om die spesiale aanbiedinge op te raap.


Ons mark bestaan uit die breë lesers publiek, skole en biblioteke. Ons konsentreer daarop om meer by skole te verkoop en vind dat die kinders
ons grootste klant is en al meer boeke koop en lees. 

 

Ons erken die belangrikheid van promosie en reklame in die bemarkingsproses en weet dat ’n suksesvolle besoek aan ’n skool of biblioteek afhang van die reklame wat gedoen word.  Die grootste sukses wat ons behaal is om ’n strooibilet te druk en ’n paar dae voor ons  ’n skool besoek word dit aan die kinders uitgedeel of  word dit in ’n biblioteek versprei. Skole sal ook in hulle nuusbrief of sosiale media ouers in kennisstel van ons besoek.


MYLPALE BEHAAL

  • 1993–1995: Wenners van Roodepoort Sakekamer se Onderneming van die Jaar- Kompetisie
  • 1993–1995: Wenners van Suid-Gautengstreek se Onderneming van die Jaar-Kompetisie
  • 1995: Naaswenner van die Onderneming van die Jaar- Kompetisie
  • 1994–1995:  Finalis in Johannesburg Sakekamer se Junior Sakeman van die Jaar
  • 1999: Wenner van Roodepoort, Suid-Gauteng en landswye wenner van Ou Mutual se Onderneming van die Jaar- kompetisie

 

DISKONTO BOOKSBOEKE

Your one-stop discount bookshop

 

Diskonto Books has introduced children to the joys of reading since 1992. Our mission is to encourage children to read by offering them a wide range of books spanning a wide range of topics at discount prices.

 

As South Africa changes and the world seems smaller, Diskonto Books will continue striving to satisfy the needs of parents, teachers, and children with books that defy cultural lines.

 

In 1992, Gerrit Swanepoel began selling books to schools and libraries from his house in Roodepoort. The business grew so fast, however, he had to appoint representatives to help with this process.

 

By 1996, Diskonto Books had outgrown his house and moved to a warehouse, while the books were transported with 4 pickup trucks, two trailers, and a station wagon.

 

Above all, Diskonto Books strives to bring the greatest variety of books at the lowest prices to the reading public, no matter where in South Africa.

 

The content of our stocked books will:

 

  • Uphold high moral standards
  • Never discriminate against any ethnicity, age group, or gender
  • Not diminish community values

 

Diskonto Books considers:

 

  • All communities equal
  • No town or community too small to serve

 

Diskonto Books will walk the extra mile to provide books to children, parents, and teachers.

 

Our goal is to help grow a new generation of readers in South Africa. To achieve this goal, we offer a wide range of books for the whole family to enjoy in both Afrikaans and English. We literally take the store to the client by showing our products at schools and public libraries. We visit some towns up to three times per year. We proudly claim the name ‘the travelling bookstore’ and still offer the best possible service to this day.

 

Since 1992, Diskonto Books has been known as a salt-shaker-business - a business that takes the product to the client instead of waiting for the client to visit. We see the satisfaction of our customers in the way they trample each other to reach our steal-deals first.