- Home
- Kinders: Onder 6 Jaar
Kinders: Onder 6 Jaar

Arthur By Die Molle
R 55.00
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die molle!

Voel en Leer: Wilde Diere
R 50.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!

Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!

Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …

My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4
R 60.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....

Avonture Op Die Plaas 9: Die Vreeslike Voelverskrikker
R 50.00
Fanie is nie die beste voelverskrikker nie. Hy lyk so vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan …

My Eerste 100 Getalle
R 60.00
My Eerste 100 is die ideale reeks boekies om jou kind nuwe woorde en getalle te leer. Dis ‘n besonder kleurvolle en visuele reeks, met helder en maklik herkenbare prente, spesiaal ontwerp en aangebied om die leerproses vir beide kind en ouer prettig en plesierig te maak. ‘n Energieke aanbieding van die alledaagse leefwereld van die kind waarmee ...

My Eerste Verf met water Kunsboek nr 1
R 60.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....

Voel en Leer: Baba Diere
R 50.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!

Gans Kleure: Kartonboek
R 80.00
Om van syfers en kleure te leer in hierdie vrolike kartonboeke is hope pret met Gans in die omtrek om te help.

Inkleurboek: Getalle Pretreeks
R 50.00
Kom kleur lekker in!

Goeie Nag, Goeie Dag
R 50.00
Bekroonde skrywer Ewald van Rensburg vertel stories wat duer Magriet Brink geïllustreer is. Hierdie stories is met tydlose waardes gevul wat kinders sal help om 'n goeie nag en 'n goeie dag ervaring te hê.

Krokkenoster by die See
R 60.00
'n Krokke wie? 'n Krokke wat? 'n Krokke hoe? 'n Krokkenoster by die see?? Nooit gesien!! Ja, 'n Krokkenoster kan ook swem as hy vet opgeblaas is. So woeps waps oor die branders, om die branders en soms deur die branders. 'n Krokkenoster kan ure lank baljaar as hy 'n maatjie by die see het

Dapper Dawie se onderstebo week
R 60.00 R 165.00
Dapper Dawie se onderstebo week is 'n unieke boek vir kinders én volwassenes. Die storie is geïnspireer deur gedragsielkunde, om kinders te help om spesifieke situasies en ingewikkelde gevoelens te verstaan en te hanteer. Volg Dawie se avonture waar hy probleme op die speelgrond en by die huis teëkom en lees die boek saam met jou kind om soortge...

Stories vir 4 Jariges: 'n Fantastiese versameling stories vir Kinders
R 90.00
Wanneer dit tyd is vir 'n storie, is daar geen beter plek om een te vind as in hierdie wonderlike versameling oorspronklike verhale, spesiaal vir vierjariges geskryf nie. Hierdie pragtige geïllustreerde stories vol beminlike karakters waaroor kinders dol sal wees, word op 'n sagte, ritmiese manier vertel!

Slaaptydstories uit die Bybel
R 170.00
Met Slaaptydstories uit die Bybel het kinders ’n wonderlike manier om die dag af te sluit en rustig te raak vir slaaptyd. Die kindervriendelike teks en illustrasies sal hul verbeelding aangryp en praat met hul kinderharte. Daar is tien van die mees geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament. Die kleingoed sal kennis maak met helde soos ...