Kinders: Onder 6 Jaar

Soek-Soek Inkleurboek: In Feetjieland
R 80.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van karakters uit feetjieland. Van ’n fee wat in ’n seepborrel woon tot ’n towenaar wat sy hoed ver...

Liewe Heksie Leesboek 3
R 195.00
Suid-Afrika se mees geliefde vriendelike heksie is terug! Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, sal verseker dat Verna Vels se besondere verhaalskat nou vir ’n nuwe generasie kinders oopgesluit word. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas as voorlees- of s...

Liewe Heksie Leesboek 4
R 195.00
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Liewe Heksie Leesboek 5
R 195.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroee lesers. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas vir 3- tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks. In Liewe Heksie: Leesboek 5 kry Liewe ...

My reënboogboek 3+ jaar Boek 1
R 95.00
Met hierdie saamdra-aktiwiteitboek vir 3+ jaar kan kinders van kleure leer en terselfdertyd hulle fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die buitelyne van die prente wys vir kinders watter kleure om te gebruik en die bladsye kan ook met plakkers versier word. Die tekeninge is eenvoudig en die plakkers is vir klein handjies gemaak! ...

My reënboogboek 3+ jaar Boek 2
R 95.00
Met hierdie saamdra-aktiwiteitboek vir 3+ jaar kan kinders van kleure leer en terselfdertyd hulle fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die buitelyne van die prente wys vir kinders watter kleure om te gebruik en die bladsye kan ook met plakkers versier word. Die tekeninge is eenvoudig en die plakkers is vir klein handjies gemaak! ...

Saadjie en Spikkel
R 215.00
Saadjie en Spikkel is soos vinkel en koljander, maar terwyl hulle vriendskap groei, word hulle self ook groter. Vir Saadjie beteken dit dat hy wortels kry. Maar Spikkel kry vlerke - en sy kan nie wag om hulle uit te toets nie. Al skei die lewe hulle van mekaar, vind ware vriende altyd hulle pad terug, en niemand is groter maats as Spikkel en Sa...

My eerste plakkerboek: Dinosourusse
R 145.00
In hierdie plakkerboek met dinosourusse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!

My eerste plakkerboek: Prinsesse
R 145.00
In hierdie plakkerboek met prinsesse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!

Bybelliedjies vir Kleintjies en Kleuters
R 260.00
Op die hakke van Liedjies vir Pikkies en Peuters (2017) volg vroeëkindontwikkelingspesialis Gertie Smit se nuwe boek met 40 oorspronklike Afrikaanse Bybelliedjies en -stories: oor karakters soos Jona, Moses en Daniël, liedjies wat goeie waardes aanleer, bv. om nie te jok nie, sowel as gebedjie-liedjies. Daar is ook 6 bekende Bybelverhale verwer...

Stap vir stap: Tel tot 100
R 160.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 100 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!

Babadierestories: Nag, Eendjie
R 170.00
Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur . . . en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind - pootjies wat kan skop, veertjies wat hom warm hou wanneer hy swem en ‘n piepstemmetjie om Mamma Eend mee te roep.

Verf en leer: 123
R 210.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!

Verf en leer: Kleure
R 199.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind sodat kinders na die kleure kan kyk! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!

Prinses Minna: Die betowerde woud
R 205.00
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.

Liewe Heksie Leesboek 7
R 195.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 7 gee Karel Kat vir almal ’n rit in sy spoggerige helikopter, Liewe Heksie moet ook ’n musiekinstrument leer speel en sy toor per ongeluk vir Griet om koning Rosekrans van die Gifappeltjies te...