- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Stalmaats Omnibus 4
R 185.00
Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor...

Dagboek van 'n Wimpy kid 10: Goeie ou Dae
R 160.00
Die lewe was beter in die ou dae. Of nie? Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van ’n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ’n ouderwetse wêreld uitgeknip nie. Gaan Greg ’n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en...

Moord per suurlemoen
R 60.00
'n Storie oor ’n Romanof-prinses, ’n getikte dwelmbaas en vergeefse liefde. Tweeling Bruno en Brunhilde vlug van die misdaadtoneel - hulle glo hulle het die buurvrou doodgemaak deur haar met suurlemoene te gooi. En hulle is gehelp deur hul vriend Ben en sy motorfiets met ’n syspan. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe. Die leser word saamgen...

Speurder Kwaaikofski (Omnibus 3-in-1)
R 150.00
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy ...

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie
R 170.00
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma w...

Professor Sabatina se wetenskapboek
R 120.00
Professor Sabatina Atoom is Anna en Pip se ma in die Anna Atoom-boeke. Sy het hierdie boek geskryf oor alles wat kinders nog altyd wou weet oor wetenskap! Hoe werk swaartekrag? Hoe bly 'n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink? By elke onderwerp is daar 'n probleemstelling, dan 'n eksperiment (ee...

David Walliams: Die Aakligste kinders op Aarde 1
R 275.00
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda – ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens ve...

David Walliams: Die Tandeterroris
R 200.00
Die dorp word bedreig. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag. Kinders sit slapenstyd ’n tand vir die tandfeetjie onder hulle kussing, en soggens word hulle wakker en kry … ’n dooie slak, ’n lewendige spinnekop, honderde oorkruipers wat onder hulle kussings kriewel en krioel. Daar is bose magte aan die werk. Maar wie of wat sit daaragter?

Hoe om 'n Draak se Juweel te Steel
R 195.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n meesterlike swaardvegter en draakfluisteraar, en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom – sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Pienk Bikini
R 180.00
Matriek. Die woord gee Elle ’n knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverw...

Meisie Wat Gedink Het Haar Ma Is 'n Meermin, Die
R 200.00
’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water…Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie...

Sanri Steyn Omnibus 2
R 180.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampi...

Krygsperd
R 150.00
Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die g...

Slym se Stories
R 170.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...

Kas vol Monsters Omnibus, 'n
R 185.00
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!Die Groen HandDaar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe...

Dagboek van 'n Wimpy kid 11: Kluitjies Bak
R 160.00
Die druklaaiop teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpaken sy “kreatiewesy” verken. En as of dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller! Dan ontdekhy’n pakkie suurwurms, en ditgee hom’n plan. Kan Greg sy ma paaimet sy e...