Products
Mooihoekbos: Klein Einas
R 80.00
Hansie die wit hasie het seergekry... Al die maatjies van Mooihoekbos kom om hom te help. Ongelukkies, saamwerk, troos en vriendskap vorm die kerm van hierdie nuwe intrige in Mooihoekbos...
Mooihoekbos: Paniek by die Piekniek!
R 80.00
Pedro die rateltjie het 'n blink plan. Kom ons gaan hou piekniek.' Hoera! Wat 'n wonderlike idee! Die maats is vrolik op bad om in Eenhoring-parkie te gaan piekniek hou, maar o wee, wat 'n gemors! Rommel le oral oor die gras gestrooi en dit verstop die ingang na 'n tonnel... Kom, ons moet die bos en sy inwoners van hierdie aaklige besoedeling red!
Mooihoekbos: Super uitstappie
R 80.00
In Mooihoekbos is almal opgewonde. Hoera! Ons gaan op 'n skooluitstappie.Kom, spring in die bus! Ons gaan Hoehoekbos toe. Boeta-hulle maak nuwe maatjies in die berge en red selfs 'n klein marmot. Kom geniet hierdie wonderlike avontuur saam met Boeta en sy nuwe maats!
Mooihoekbos: Super-Boeta
R 80.00
In Mooihoekbos is Boeta vas aan die slaap. Hy droom van 'n fantastiese avontuur... Super-Boeta roep al sy maats bymekaar. Beskermers van mooihoek-planeet, ek het skokkende nuus: Dark-Wolf wil ons bos inneem met sy soldate, die Ninja-bye.'
Mooiste Afrikaanse Sprokies
R 120.00
Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika.
Mooiste Dierefabels, Die
R 125.00
Ontdek die wyse lewenslesse wat esopus en Jean de la Fontaine se dierefabels ons leer. Die kleurvolle en humoristiese illustrasies prikkel kinders se verbeelding en behou hulle aandag.
Mooiste sprokies van Grimm
R 445.00
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, ...
Mooiste stories van Helena Lochner
R 225.00
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Vyftien van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Di...
Moord per suurlemoen
R 60.00
'n Storie oor ’n Romanof-prinses, ’n getikte dwelmbaas en vergeefse liefde. Tweeling Bruno en Brunhilde vlug van die misdaadtoneel - hulle glo hulle het die buurvrou doodgemaak deur haar met suurlemoene te gooi. En hulle is gehelp deur hul vriend Ben en sy motorfiets met ’n syspan. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe. Die leser word saamgen...
More as ons groot is
R 170.00
Dramateks vir hoerskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - ...
Motors
R 80.00
Hoe vinnig ry die blitsigste motor ter wereld? Hoe groot is 'n monsterbakkie se bande? Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.
Muishuis, Die: By die Kermis
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op 'n dag met albasters speel, tel hulle 'n besonderse klip op - 'n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. ...
Muishuis, Die: Sam en Julia
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis.Julie bly saam met haar ma in 'n baie klein kamertjie op die boonste verdieping. Sy het nie 'n pa, boeties of sussies nie, en ook geen oupa of ouma nie. Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Sy hou van opwinding en sodra sy verveeld is, gaan sy buitentoe. Op soek na avontuur. Met haar maatjie Sam. Sam woon i...
Muishuis: 3 in 1 stel
R 400.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Die Muishuis, Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers ...
Muishuis: By die Teater
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bere dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. ...
Musiekensiklopedie vir Kinders
R 240.00
Is julle lus om saam met Klara en Frederik ’n spannende ontdekkingsreis na die Koninkryk van Musiek te onderneem? As julle baie leergierig is, graag in boeke verdiep raak en van musiek hou, is julle nou op die regte plek. Want Klara en Frederik – twee kinders wat baie van musiek hou – sal vir julle baie interessante onderwerpe en begrippe oor mu...