Products
Jy is Wonderlik
R 150.00
Jy is wonderlik is propvol positiewe boodskappe om bruin meisies te inspireer om hulle drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin meisies aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier en om uitsonderlik te wees op alle terreine. Ook beskikbaar in Engels, isiZulu, isiXhosa en Setswana
Kammaland
R 200.00
Kammaland is ’n pragtige kinderboek met stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochne. Dit is lekkerleesstories vir voorlees en selflees deur kinders in Graad 3 en hoer. Hierdie verhale kom oorspronklik uit ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland.
Kan 'n walvis winde los?
R 160.00
Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 190.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 190.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Ka...
Karatekas
R 140.00
’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met ’n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Karel Kameleon en die Geheime Tempel (Boek 2)
R 180.00
Karel Kameleon word saam met twaalf ander spioene opgeroep deur Groot Gekko Dikke Nekko. Die baasspioen en oprigter van die Geheime Diereverbond ontbied hulle na sy geheime tempel in die oerwoud. Die lys met al die name van die spioene van die Geheime Diereverbond is gesteel. Wie het die lys gesteel? En hoe het hy by die altaarkamer uitgekom?
Karel Kameleon en die Towerdrankie van Professor Borrie (Boek 1)
R 180.00
In hierdie avontuur kry Karel Kameleon en sy vriende Sollie en Henko die opdrag om professor Borrie te vind. Die spore lei na Kwaakstad, ’n stad vol paddas en kikkers. Maar hoekom gedra hierdie diere hulle so vreemd? En waarom is die professor daarheen ontvoer? Wie was dit? En wat het die professor se towerdrankie daarmee uit te waai?
Katastrofe
R 150.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...
Kattekwaad
R 115.00
Saggies klap, saggies trap.Een, twee, drie.Rol die bal.Vang die bal.Een, twee, drie.Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel. Mietsie word wakker en ontdek...
Kattemaai 1: Die bure se nuwe dogter
R 140.00
Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ... Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te ky...
Kattemaai 2: Annabel gaan skool toe
R 140.00
Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhout...
KEEGAN & SAMIER #2: DIE SOKKER-FIASKO
R 60.00
Keegan en sy vriende gaan speel sokker in die park. Samia, Samier se tweelingsussie, is n regte sokkerster! Maar dan kom Brent Petersen en sy vriende ook park toe en krap alles om...
Keegan en Samier 1: Die sleutel speurders
R 60.00
Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …Hie...
Keegan en Samier 3: Die strokiesprent-kompetisie
R 60.00
Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ...
Keegan en Samier 4: Die nuwe vriende
R 65.00
Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan – en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag...