Products
Kyk, Voel, Vat: Plaas
R 100.00
Hierdie nuwe kompakte bordboekformaat stel woorde op 'n prettige en eenvoudige manier aan baie jong kinders bekend. Hierdie boeiende bordboek is spesiaal ontwerp om kleuters te stimuleer en die ontwikkeling van motoriese vaardighede aan te moedig, en is gevul met reliëfbeelde en teksture om aan te raak.
Kyk, Voel, Vat: Syfers
R 100.00
Met tekstuurryke bladsye en baie helder prente om te verken, is die kartonboek die ideale manier om jou baba aan syfers bekend te stel.
Kyk, Voel, Vat: Woorde
R 100.00
Hierdie nuwe kompakte bordboekformaat stel woorde op 'n prettige en eenvoudige manier aan baie jong kinders bekend. Hierdie boeiende bordboek is spesiaal ontwerp om kleuters te stimuleer en die ontwikkeling van motoriese vaardighede aan te moedig, en is gevul met reliëfbeelde en teksture om aan te raak.
Langer Leesboeke 02: Dawie Duif Oliebol-Speurder
R 100.00
Dawie Duif droom daarvan om 'n groot speurder soos sy oupagrootjie te wees. Maar om misdaad op te los is nie so maklik nie. Nadat Dawie 'n dief laat wegkom en per ongeluk die bewyse opeet, gee hy byna moed op.Maar dan word hy en sy maat, Muis, 'n tweede kans gegun. Sal hulle al die raaisels kan oplos?
Langer Leesboeke: Die Spook Trein
R 100.00
Dirk is mal oor treine. Wanneer hy en sy ma by ’n ou stasiehuis intrek, is dit ’n droom wat waar word! Hy is selfs meer verbaas toe ’n antieke treinsinjaal een nag flikker en begin lewe kry ... en ’n spookagtige trein verby sy venster stoom. Waarheen is dit op pad? En nog belangriker, sal dit ooit lank genoeg stop vir Dirk om uit te vind?
Langer Leesboeke: Nêrenslaan
R 100.00
Niemand kan die raaisel van Nêrenslaan oplos nie. Maak nie saak hoe ver iemand met die laan afstap nie, die pad draai net weer terug na sy begin. Wanneer Dewald per ongeluk ’n padkaart wat aan die knorrige meneer Suurboom behoort, ontdek, draai sy hele wêreld onderstebo. Lei Nêrenslaan tog iewers heen?
Langer Leesboeke: Piet Padda
R 100.00
Piet is die heel eerste padda wat deur tyd kan reis! Maar hy is gestrand in antieke Griekeland nadat ’n T-Rex sy tydspringer breek. Sy nuwe vriend Linus en ’n beroemde wetenskaplike help om sy tydspringer reg te maak. Kry hy dit reg om die toekoms in te spring en dit weer terug huis toe te maak?
Laura se Ster
R 100.00
Laura kan weer nie aan die slaap raak nie. Sy kyk by die venster uit en sien 'n sterretjie reg voor haar huis op die sypaadjie val. Laura gaan haal die sterretjie en vat dit na haar kamer toe. Maar die volgende oggend is die sterretjie skoonveld ... Hoe Laura haar wedervaringe met die sterretjie ervaar en hoe jy dikwels van dinge waavoor jy lief...
Laura se Sterrereis
R 100.00
Elkeen het sy eie ster, daarvan is Laura seker. Maar hoe staan sake met haar boetie Tommie se Pas-My-Op-Hondjie? Het 'n speelgoedhondjie ook sy eie ster? Om dit uit te vind, bou Laura en Tommie hulle eie ruimtetuig om na die sterre toe te vlieg. Of hulle die ster vind, en die tweetjies se wedervaringe op hule sterrereis, word liefdevol in hierdi...
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Liewe Grapste Grapboek
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Liewe Grapste Grapboek 2
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Meneer De Beer se Soete Droom
R 90.00
Meneer de Beer is mal oor heuning. Wanneer jy hom soek, is hy maar op die heuningplaas. Tot op 'n dag … Die heuningplaas trek. Sonder sy heuningplaas bly daar niks vir hom in die lewe oor nie. Hy pak sy goedjies en trek ook…
Merlyn die Seemannetjie Oudioboek
R 100.00
Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is 'n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokke...
Mia en Al die Niggies
R 70.00
Vroeg, vroeg skyn die son Mia wakker. “Dit gaan 'n wonderlike dag wees!” dink die lieweheersbesie met die vyf kolletjies. As sy maar net kon weet …! Pippie nooi vir Mia om te kom oorslaap. Maar Mia het nie besef dat al Pippie se niggies ook daar gaan wees nie!