Products
Eerste Leesboeke: Skaam Spokie
R 60.00
Al wat Spokie wil hê, is 'n vriend, maar om 'n spook te wees, maak dit baie moeiliker. Wanneer Halloween kom, sal Scott uiteindelik 'n paar spooky vriende?
Eerste Leesboeke: Skooluitstappie vir Superhelde
R 60.00
Mev. Wonder neem haar klas van superhelde op 'n skooluitstappie na die museun toe. Maar sal hulle daarin slaag om hulle superkragte geheim te hou? Kleurkodes vir begeleide lees.
Eerste Leesboeke: Slakke in die Ruimte
R 60.00
Sara droom van die buitenste ruim en om marsmannetjies te ontmoet. Selfs al spot almal haar daaroor, gaan Sara nie ophou droom nie. Sy weet dat daar eendag slakke tussen die sterre sal wees.
Eerste Leesboeke: So Stil Soos 'n Muis
R 60.00
Ollie raas sy nuwe baba-sussie kort-kort wakker, maar hy kan nie help dat hy so raas nie. Gelukkig het sy maatjie Mietie 'n plan! Kan Ollie leer om so stil soos 'n muis te wees?
Eerste Leesboeke: Stout Hond & Nee Nellie Nee
R 60.00
Stout Hond – Stout Hond wil erens sit, maar hy is vol modder! Nee, Nellie, Nee! – Nellie gaan hou piekniek, maar sy will alles behalwe haar eie kos eet! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Eerste Leesboeke: Vera die Veearts
R 60.00
Vera is 'n veearts. Daar is baie diere om te help! Daar is baie diere in die park. Maar wie sal die tophond wees? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Eerste Leesboeke: Vinnige Jakkals En Stadige Slak
R 60.00
Vinnige Jakkals en Stadige Slak gaan stap in die bos. Vinnige Jakkals hou van hardloop en gou-gou is Stadige Slak weg. Is Stadige Slak regtig weg of hou hy dalk net daarvan om stadig te kruip?
Eerste Leesboeke: Wenskat!
R 60.00
Mira wil net dieretuindiere as troeteldiere aanhou en elke dag roomys eet, maar almal sê altyd nee! Wanneer 'n rowwe, wilde rondloperkat in die dorp opdaag, word Mira se wens waar... Maar sal sy gelukkig wees?
Eerste Leesboeke: Zoem en Spring! Spring!
R 60.00
Zoem. Zoem! Zoem!-Wat is daardie geluid? Spring! Spring! Karel hou van spring. Hy spring oral! Klerukodes vir begeleide lees. Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui.
Eerste Liefde (Omnibus 1)
R 175.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart...
Eerste Liefde Omnibus 2
R 175.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak. In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en ’n makeover is haar enigste hoop. In Soene op’n...
Eerste Stories
R 90.00
12 Kort lekkerleesstories, Stories vir self- of voorlees. Kleurvolle illustrasies. Bevorder geletterdheid en leesvaardigheid.
Eggo's in die Skimberge
R 80.00
Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar 'n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met 'n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en H...
Ek & Bella: Lekker verjaar!
R 60.00
Bella is Nina se kleinsussie en met haar in die omtrek is daar nooit 'n vervelige oomblik nie. Bella glo vas sy kan swem, totdat sy die eerste keer vir swemlesse moet gaan. Boonop is Bella se verjaardag om die draai en hierdie jaar is daar presies een ding wat sy dolgraag wil he: 'n hamster. (Al klink haar ma en pa glad nie so opgewonde oor die ...
Ek en my ouma
R 140.00
Spesiale avonture saam met ’n spesiale ouma! Ek en my ouma is reg vir die dag. Daar is hope avonture wat op ons wag! Beertjie verken graag die wêreld saam met sy ouma. Hulle klim saam boom, plas in waterpoele rond en vang vis. Dit is soveel pret dat Beertjie wens die dag kan sommer vir ewig aanhou! Maar ’n lekker stywe slaaptyddrukkie van Ouma ...
Ek en Prins Donkerkuif
R 60.00
Lehandi trek saam met haar ouers van die platteland af Pretoria toe nadat haar pa 'n buite-egtelike verhouding gehad het. Maar die nuwe skool is aaklig en haar droom om gewild te word sodat sy 'n kerel kan kry is by die drein af. Al is sy later bekend as Carla Pieterse se vriendin, is dit nie genoeg om Frans Bruwer se hart te verower nie. En a...