Products
Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong
R 150.00
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur? Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle ko...
Waldo en die Meermin met die Blou Hare
R 140.00
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskerm...
Waldo en die Vampier met die Geel Reënjas
R 150.00
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.
Waldo en Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies
R 150.00
Wat sluip daar in die maanlig rond? Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op...
Ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas
R 170.00
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture ...
Ware avonture van Adelie en Riley: Swembadmonster
R 170.00
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture w...
Wat 'n Ramp! Breinslym
R 80.00
Stille Waters is ’n vaal, vervelige dorpie. Maar toe ’n eksperiment op ’n dag in profes-sor Pompelmoes se wetenskapklas ontplof en een van die kinders vol grillerige slym spat, het dit onverwagse gevolge. Zombies duik skielik oral op – desperaat om aan breeeiiins te smul!
Wat 'n Ramp! Doktor de Goede en die Hipno-Zirtser
R 80.00
’n Mal wetenskaplike werk aan ’n nare plan om die wêreld oor te neem met sy tuisgemaakte breinspoel-toestel! Is Sam, Arty en Emmie dapper genoeg om wéér die dorp te red?
Wat 'n Ramp! Nag van die Vlieende Piering
R 80.00
Henk, Devon en Emmie het nog skaars herstel van hul vorige avontuur – en nou word hul slaperige dorpie deur ruimtewesens oorgeneem! Henk, Devon en Emmie ’n plan maak om die dorp te red. Jip, al weer.
Wat maak so: Plaasdiere
R 40.00
Watter geluid maak ’n koei? Trek die kartonbladsye uit om die antwoord te vind en ontdek allerhande nuwe geluide. Met oulike plaasdiere en allerhande geluide om na te boots, sal hierdie raserige boek enige tyd van die dag ’n gunsteling wees.
Wat maak so: Troeteldiere
R 40.00
Watter geluid maak ’n kat? Trek die kartonbladsye uit om die antwoord te vind en ontdek allerhande nuwe geluide. Met oulike plaasdiere en allerhande geluide om na te boots, sal hierdie raserige boek enige tyd van die dag ’n gunsteling wees.
Wat maak so: Wilde Diere
R 40.00
Watter geluid maak 'n leeu? Trek die kartonbladsye uit om die antwoord te vind en ontdek allerhande nuwe geluide. Met oulike plaasdiere en allerhande geluide om na te boots, sal hierdie raserige boek enige tyd van die dag 'n gunsteling wees.
Wat maak so: Wouddiere
R 40.00
Watter geluid maak 'n uil? Trek die kartonbladsye uit om die antwoord te vind en ontdek allerhande nuwe geluide. Met oulike plaasdiere en allerhande geluide om na te boots, sal hierdie raserige boek enige tyd van die dag 'n gunsteling wees.
Wat Werner doen met sy Drie Miljoen
R 230.00
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, e...
Wat’s jou storie? Watermonster
R 160.00
’n Splinternuwe Kies-jou-eie-avontuur-reeks uit die pen van Jaco Jacobs. Wat’s die storie met dié boek? Hierdie is nie sommer enige boek nie – dis JOU storie! Dis reg, JY is die hoofkarakter en JY besluit wat volgende gaan gebeur. Lees die instruksies onderaan elke hoofstuk en besluit wat jy volgende gaan doen. Elke keuse lei na ’n nuwe avontuur...
Wian Verwey het 'n Crush op my
R 80.00
Wian Verwey het 'n crush op my. En ek is nie seker hoe ek daaroor voel nie. Elke keer as ek daaraan dink, kan ek nie help om te glimlag nie, want dit klink soos die titel van een van daardie Afrikaanse liedjies waarin als rym.