Products
Zackie Mostert en die slim speurder
R 100.00
Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan ’n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ...Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te be...
Zackie Mostert en die spokerige storie
R 100.00
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent besluit om 'n lekker grillerige spookstorie-aand te hou! Hulle kamp in die tuin uit en lees stories wat jou hare sal laat rys. Maar dan gebeur daar iets ...
Zackie Mostert en die super-aaklige soen
R 100.00
Zackie is opgewonde toe hy hoor hulle gaan 'n toneelstuk by die skool opvoer. Hy kan nie wag om die rol van die Aaklige Trol te speel nie! Maar iemand anders wil ook graag die rol hê ... Voor Zackie sy oë uitvee, moet hy 'n meisie soen. Op die verhoog. Voor die hele skool. Behalwe as hy en Vincent 'n slim plan kan maak ...
Zackie Mostert en die super-stinkbom
R 100.00
Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op ’n FANTASTIESE kamp. Die koorkamp is by die see – en boonop kan hulle twee dae skool misloop! Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd ...
Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag
R 100.00
Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan ’n baie spesiale partytjie. Dit gaan ’n groot verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou – en hy gaan seker maak daar is niemand by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis oorlog!
Zackie Mostert en die wriemelende Wurmkoekies
R 100.00
Zackie en Vincent het DRINGEND geld nodig. Anders gaan hulle die opening van die FANTASTIESE nuwe PRETPARK misloop. Daarom maak hulle ’n plan om HOPE geld te maak. Zackie besluit om koekies te bak en by die skool te verkoop. Maar ongelukkig is daar ’n vlieg in die salf ... oftewel ’n SAPPIGE, WRIEMELENDE wurm in die koekiedeeg! EKSTRA! Bak jou ...
Zackie Mostert: Omnibus 1
R 210.00
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’...
Zackie Mostert: Omnibus 2
R 210.00
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies ba...
Zackie Mostert: Omnibus 3
R 210.00
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of ...
Zane en Zenobia: Lees en Inkleurboek
R 20.00
Zane en Zenobia is 'n prettige, bekostigbare lees-en-inkleurboek vir kleuters. Woorde wat deur sketse vervang is, maak die kleuter deel van die leesproses en die oulike prentjies om in te kleur, help om kleuters besig te hou.
Zinzi en Saffraan (1): Drake Malvalekkers
R 140.00
In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?
Zinzi en Saffraan (2): Monsters en Muf
R 140.00
Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinz...
Zinzi en Saffraan (3): Meerperdjies en Borrels
R 140.00
In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.
Zinzi en Saffraan (4): Katjievlinders en Ys
R 140.00
'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.
Zinzi en Saffraan (5): Paddas & Plante
R 140.00
In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.
Zinzi en Saffraan (6): Towerponies en Kieme
R 140.00
In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.