Products

Breinspeletjies vir slimkoppe (Brain buddy)
R 400.00
Breinspeletjies vir slimkoppe bevat 20 bord- en breinspeletjies wat kinders stimuleer deurmiddel van beweging! Die speletjies kom saam met ʼn handleiding met kort stories en instruksies vir beweging. Kinders kan uitsien na beter konsentrasie, geheue en logiese vaardighede! Hierdie stel bied ʼn reeks voordele, insluitend: -Verbetering van aandag, a...

Briljant!
R 290.00
Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen!Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak 'n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe ...

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo
R 125.00
Doer ver op die horison kom 'n stofstreep oor die vlakte nader. Die stofstreep word 'n stofwolk wat vinnig groei en al hoe groter en groter word. Dit is niemand anders nie as Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, daar aangery kom! 'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wa...

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die Petrolpadda
R 125.00
Iewers in die donker Karoonag flikker 'n kampvuurtjie. En wie sit daar langs die vuur? Dit is Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty. Hulle het die hele dag lank rondgeswerf op soek na avonture. Maar laatnag is daar 'n vreemde geluid. Twee gloeiende rooi oe verskyn in die donker. Gaan Koekemoer en Shorty uiteinde...

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die soutwatergogga
R 160.00
Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug. Hulle is gereed om enige probleem op te los – al is dit tydens hulle vakansie. Kaptein Superkoos het ‘n probleem wanneer niemand meer na die strand gaan waar hy sy kokosneute verkoop nie. Cowboy Koekemoer en Shorty vat die soutwatergogga vas om vir Kaptein Superkoos te help!

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo Omnibus
R 250.00
Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met ’n 5-in-1 af van die reeks en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is. Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook ’n splinternuwe storie. Titels wat ingesluit is in die omnibus: Cowboy Koekemoer van die...

Daar's ’n towerponie in my bed!
R 200.00
Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander...

Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...

Dapper Muis, Die
R 115.00
Ek’s ’n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daar’s niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang, nee, daar’s niks waarvoor ek skrik nie. En sê nou daar’s ’n kat ...? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks;...

Die beste raaiselboek 2
R 160.00
In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syfer-speletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool! Die beste manier om jouself uit te daag is deur hierdie boek te koop. Jy is gewaarborg om vir ure die lekkerste pret te hê!

Die ware avonture van Adelie en Riley 3: Die MOEsters
R 160.00
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In “Die MOEsters” gaan Adelie ...

Die ware avonture van Adelie en Riley 4: Die wakker-akkers
R 160.00
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In “Die wakker-akkers” het Ade...

Diere Hotel: 3-in-1
R 170.00
Drie stertswaai-lekker stories uit die dierehotel!Goeie nuus vir jong diereliefhebbers: Die gewilde Dierehotel-reeks is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Troeteldiereliefhebbers is versot op die tweeling Liela en Dirkie se avonture in die Dierehotel! In elke boek maak ’n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die ...

Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 2
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.

Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 3
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.

Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 4
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.