- Home
- Sterre vir die Donker
Sterre vir die Donker
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg. Gelukkig bring die nuwe jaar ’n paar veranderinge wat Helena so ’n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek.
Ongelukkig is ’n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ... Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so ver uitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is. Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere

Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere

Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere

Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Ek kan nou Lees: Avontuurstories

Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Dierestories: Kaylee die Katjie

Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...

Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die

Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...

Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.

Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Stalmaats Omnibus 2

Stalmaats Omnibus 2
R 280.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in ’n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan ’n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandel...

Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!