- Home
- Elle-Reeks: Omnibus 4
Elle-Reeks: Omnibus 4
In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ’n nuwe storie! Terwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags ’n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met ’n unieke projek vorendag moet kom om haar jaar as hoofmeisie van Gravitas op ’n onvergeetlike noot af te sluit. Sal sy haar droomkans kry? In Vreesloos is Elle vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. In Roekeloos wag Elle op haar matriekuitslae. Sy het pas ’n heerlike matriekvakansie gehad en nou wag die realiteite van die wêreld buite skool op haar. Watter keuses moet sy maak en wat gaan die toekoms vir haar inhou? ’n Splinternuwe boek in die Elle-reeks!
Related Products
Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
Avonture Op Die Plaas 2: Manie Muis Skrik Groot
R 50.00
Manie, die klein muisie, sit en kyk hoe Boer Frans werk. Maar dan steek Boer Frans sy hooivurk in die baal waarop Manie sit … Manie trek soos 'n vrot vel deur die lug, in die rigting van die diere se drinkbak
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Dierestories: Kaylee die Katjie
Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 280.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Avonture Op Die Plaas 9: Die Vreeslike Voelverskrikker
R 50.00
Fanie is nie die beste voelverskrikker nie. Hy lyk so vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan …
Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...
Dierestories: Daisy die Dolfyn
Dierestories: Daisy die Dolfyn
R 55.00
Daisy besluit om na 'n nuwe blyplek te gaan soek waar sy gelukkig sal kan rondswem. Dis 'n moeiliker taak as way sy verwag het!
Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!