- Home
- Afrikaans vir Almal
Afrikaans vir Almal
Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld.
330KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir die onderwerpe wat in dié boek bespreek word. Hierdie onderwerpe sluit onder meer die volgende in: punktuasie, sametrekkings, woordsoorte, letterlike en figuurlike betekenis, geluide van dinge en diere, tye, sinonieme en antonieme, homonieme en homofone en leenwoorde, om maar ’n paar te noem. Dit bevat ook ’n lys met handige literêre terme soos hiperool, klanknabootsing en personifikasie, sowel as nuttige notas oor skriftelike werk.
Die tweede deel van die boek fokus op algemene kennisfeite soos die nasionale simbole van Suid-Afrika, wie ons buurlande is, waar ons elf amptelike tale gepraat word, wie die wêreldleiers is, watter geldeenheid waar gebruik word, en groot uitvindsels van die wêreld.
Die eenvoudige uitleg en duidelike leiding maak hierdie titel ’n moet-hê vir elke leerder wat Afrikaans as ’n Huistaal of Eerste of Tweede Addisionele Taal wil slaag. Dit is ook ’n handige naslaanbron vir volwassenes.
Related Products
Maak Kennis Met: Vorms
Maak Kennis Met: Vorms
R 50.00
Laat jou kleinding die verskillende vorms herken in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om vorms maklik te onthou met behulp van kleurvolle illustrasies
2 in 1 Dierestories
2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
My Eerste Verf met water Kunsboek nr 1
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Ek kan nou Lees: Plaasstories
Ek kan nou Lees: Plaasstories
R 70.00 R 90.00
Hierdie pragtige boek met plaasstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit. "
2 in 1 Klassiekestories
2 in 1 Klassiekestories
R 40.00
Trek jou glasskoentjies aan en gaan saam met Aspoestertjie na die bal of miskien wil jy Rooikappie deur die groot woud vergesel. Hierdie twee klassieke verhale gaan jou verbeelding aangryp!
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 250.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
101 Klop-Klop Grappe
101 Klop-Klop Grappe
R 65.00
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n ...