- Home
- Max die Masjien
Max die Masjien
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe. En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!
Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop ’n geheim van sy eie ...
Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere
Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...
Stalmaats Omnibus 2
Stalmaats Omnibus 2
R 280.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in ’n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan ’n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandel...