- Home
- Raai Raai Riepa!
Raai Raai Riepa!
Raai, raai, riepa!
geel is my piepa,
groen is my doedelsak
waaraan my piepa hang. (Die antwoord? ’n Wortel!)
Raai raai riepa is ’n versameling van Afrikaanse raaisels wat enigiemand sal laat kopkrap. As jy heeltemal in die duister is oor die antwoord op die raaisel, kan dit agter in die boek opgesoek word.
Die tweede deel van Raai raai riepa bevat grappige tongknopers of snelseêrtjies wat jou tong se ratsheid behoorlik sal toets. Probeer hierdie tongknoper so vinnig opsê as wat jy kan:
My liewe neef Louw,
my neus jeuk nou.
Jeuk my liewe neef Louw
se neus ook nou?
Raai raai riepa is ’n boek vir oud en jonk en sal sorg vir eindelose vermaak op die langpad, op gesinsvakansies, op partytjies of op ’n rustige aand tuis.
Related Products
2 in 1 Dierestories
2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Slaaptydstories
2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
2 in 1 Feetjiestories
2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
Ek kan nou Lees: Plaasstories
Ek kan nou Lees: Plaasstories
R 70.00 R 90.00
Hierdie pragtige boek met plaasstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit. "
2 in 1 Klassiekestories
2 in 1 Klassiekestories
R 40.00
Trek jou glasskoentjies aan en gaan saam met Aspoestertjie na die bal of miskien wil jy Rooikappie deur die groot woud vergesel. Hierdie twee klassieke verhale gaan jou verbeelding aangryp!
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!