- Home
- Slym se Stories
Slym se Stories
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet.
Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val … by ’n skool vir paddas. En só begin ’n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.
Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in ’n paddakonsert gesing het, hy het ’n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op ’n towertapyt gery!
Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm! Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in: Slym: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert Slym en die beker van geluk Slym en die gogga-sirkus Slym en die towertapyt
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere

Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere

Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere

Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Ek kan nou Lees: Avontuurstories

Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Dierestories: Kaylee die Katjie

Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...

Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die

Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...

Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.

Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Stalmaats Omnibus 2

Stalmaats Omnibus 2
R 280.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in ’n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan ’n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandel...

Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!