- Home
- Kinders: Nie-fiksie
- Rondomtalie: Rympies en Liedjies (Boek + CD)
Rondomtalie: Rympies en Liedjies (Boek + CD)
Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met ’n CD by! Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en ’n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik! In Rondomtalie verskyn ’n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschläger geïllustreer.
En om als te kroon bevat die boek ook ’n CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing! Kom ry saam op die Teddiebeerbus, ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van ’n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou ’n kussinggeveg! Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies. Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters – en is ’n trotse toevoeging tot enige kleuter se boekrak en musiekversameling!
Inhoud/Speellys 1. Kielie-kabouter 2. Bambino, die reus van Bitterbos 3. Grootmeneer 4. ’n Dag by die dieretuin 5. Voëltjies hou van sing 6. Spat in die bad 7. Dinosouruspret 8. Slaap, Sibongile 9. Skoppelmaai 10. Padda op ’n klip 11. Klop, klop, klop 12. Tande borsel 13. Teddie se wiegelied 14. Tien pikkewyne 15. Wilde perd 16. Spring 17. Winkel toe 18. Hande klap 19. Kattermaai 20. Trapsoetjies 21. Die Teddiebeerbus 22. Blokkies 23. My klere het gekrimp 24. Blou ballon 25. Wolke 26. Goggas 27. As jy mooi vra 28. Voor die spieël 29. Daar’s ’n beer in my bed 30. Kussinggeveg
Related Products
Goed wat beweeg: Klankboek
Goed wat beweeg: Klankboek
R 295.00
Leer alles oor goed wat beweeg in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien geluide en maklik om te gebruik sleutels, is hierdie 'n wonderlike manier om kinders aan verskillende soorte voertuie bekend te stel.
101 Spook Grappe
101 Spook Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
My Dinosourus-Atlas
My Dinosourus-Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke vo...
Net die Oortjies van die Seekoei
Net die Oortjies van die Seekoei
R 200.00
As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker ’n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone. Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê...
101 Gogga Grappe
101 Gogga Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
Hoezit: Die Wonderwêreld van Natuurrampe
Hoezit: Die Wonderwêreld van Natuurrampe
R 50.00 R 80.00
Wat veroorsaak 'n tsunami? Hoe vinnig waai die wind binne-in 'n tornado? Wat gebeur binne-in 'n vulkaan? Waar kom die meeste aardbewings op aarde voor? Ontdek die verwoestende krag van die natuur met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en k...
100 Mense wat die Wêreld verander het
R 200.00
Drie hoera's vir die HELDE wat ons wêreld gemaak het wat dit vandag is. 100 Mense wat die wêreld verander het is propvol ware lewensverhale. Toer deur die wêreldgeskiedenis saam met beroemdes soos Aristoteles, Marie Curie en Mark Zuckerberg en leer ken die mense wat hulle stempel op die wêreld afgedruk het. Maak kennis met van die grootste en in...
Eisteddfod-Pret 2: Nog Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R 285.00
Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters...
My groot boek oor vliegtuie, bote en ruimtetuie
R 105.00
Het jy al ooit gewonder hoe die eerste vliegtuig en boot gelyk het? Wie was die eerste mens om op die maan te loop? In hierdie groot-formaat boek kan kinders lees oor die eerste skepe, vliegtuie en ruimtetuie tot voertuie wat vir oorloë gebruik word! Die boek bied 'n omvattende en interessante oorsig van die geskiedenis van onder andere ...
Helde van Suid-Afrika 3
Helde van Suid-Afrika 3
R 125.00
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoc...
Soek-Soek Inkleurboek: In Feetjieland
R 80.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van karakters uit feetjieland. Van ’n fee wat in ’n seepborrel woon tot ’n towenaar wat sy hoed ver...
Raai Raai Riepa!
Raai Raai Riepa!
R 190.00
Raai, raai, riepa! geel is my piepa, groen is my doedelsak waaraan my piepa hang. (Die antwoord? ’n Wortel!) Raai raai riepa is ’n versameling van Afrikaanse raaisels wat enigiemand sal laat kopkrap. As jy heeltemal in die duister is oor die antwoord op die raaisel, kan dit agter in die boek opgesoek word. Die tweede deel van Raai raai riepa bev...