Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek
Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol. Dié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref ’n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos ‘vind die pad deur die doolhof’ en ‘soek die verskille’, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok ’n ram of ’n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak. Die Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op ’n avontuur deur Afrika se wildernis – of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet. Verkoopspunte: Prettige aktiwiteitsboek wat liefde vir die natuur aanwakker. Afrika-tema; van toepassing op suider- en Oos-Afrika. Gepak met kopkrappers en interessante feite. Treffende ontwerp met ±300 foto’s van wilde diere in aksie. Bekostigbare prys.
Related Products
Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
Avonture Op Die Plaas 2: Manie Muis Skrik Groot
R 50.00
Manie, die klein muisie, sit en kyk hoe Boer Frans werk. Maar dan steek Boer Frans sy hooivurk in die baal waarop Manie sit … Manie trek soos 'n vrot vel deur die lug, in die rigting van die diere se drinkbak
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Dierestories: Kaylee die Katjie
Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 280.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Avonture Op Die Plaas 9: Die Vreeslike Voelverskrikker
R 50.00
Fanie is nie die beste voelverskrikker nie. Hy lyk so vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan …
Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...
Dierestories: Daisy die Dolfyn
Dierestories: Daisy die Dolfyn
R 55.00
Daisy besluit om na 'n nuwe blyplek te gaan soek waar sy gelukkig sal kan rondswem. Dis 'n moeiliker taak as way sy verwag het!
Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!