Superskurk
Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie. Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad. ’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef. Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.
Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond? Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was? Daar is net een manier om uit te vind ... Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere

Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Slaaptydstories

2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere

Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere

Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Ek kan nou Lees: Avontuurstories

Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
2 in 1 Feetjiestories

2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die

Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...

Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
Dierestories: Kaylee die Katjie

Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...

Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.

Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …