Kieme: Boosaardige Bakterieë, Woeste Virusse en Vieslike Fungusse
Hulle is piepklein … grillerig … en fantasties! Ontmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou. Wat het ’n gloeiende seekat, ’n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêreld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes bekend.
Dit verduidelik waarom ons bakterieë nodig het, en stel jong slimkoppe ook aan ander piepklein organismes bekend – virusse, fungusse, alge en protosoë. Bakterieë is die belangrikste lewende organismes op aarde, en 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakterieë sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie.
Mikrobes hou ons en ons wêreld op verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur – met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie! Hierdie boek is ’n prettige, leersame inleiding tot ’n onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van piepklein wetenskap bring. Met verstommende foto’s, lawwe karakterillustrasies en hope prettige feite wat jou lekker sal laat gril, sal jong wetenskaplikes hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie kan neersit nie.
Related Products
Waag met Krale en Meer
Waag met Krale en Meer
R 80.00 R 150.00
Die titel wys jou hoe om nog meer wonderlike juwele te maak met die immer-groeiende verskeidenheid krale op die mark. Met die oog op die huidige gewildheid van draad, kettings, kristalle en bonkige krale, kombineer sy sy al die elemente met fyn kraleweefwerk om unieke stukke te skep - of jy dit groot en glansend verkies, of van tydlose elegansie...
Rede vir Rose, 'n
Rede vir Rose, 'n
R 90.00 R 150.00
Rose met hul delikate geur en volmaakte vorm is reeds eeue lank die wereld se gunstelingblom. 'n Bos rose, of selfs 'n enkele langsteelroos, is sedert die vroegste tye 'n simbool van liefde en gedeelde vreugde. Van die mistige middellande tot die droe woestyn, van die berge tot aan die see, het rose hulleself bewys as gewillige inwoners van enig...
A Reason for Roses
A Reason for Roses
R 90.00 R 150.00
Roses, delicately perfumed and perfectly shaped, have been the world's favourite flower for centuries. A gift of a bunch of roses or even a single stem has long signified love and joy shared. Roses have proved themselves to be willing to grow in gardens everywhere, from the misty midlands to the desert, from the coast to the mountains, always te...
Meisie op die Dak, Die
Meisie op die Dak, Die
R 230.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...
Vars & Smullekker: Muffins en Skywe
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid heerlike, maklike resepte vir onverbeterlike muffins en skywe wat 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek sal wees.
Vars & Smullekker: Koekies en Koeke
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid smaaklike, eenvoudige resepte vir die heerlikste koekies en koeke. Die skatkis van resepte sal 'n aanwins wees vir enige kombuisbiblioteek.
Vinnig & maklik: Muffins, koek, kleinkoekies, skywe, teebrode
R 40.00
Bak is deel van elke Suid - Afrikaner se bestaan, maar die metodes moet aangepas word om by ons moderne leefwyse te pas. Dit is wat hierdie boek poog om te doen. Al die resepte in die boek is vinnig om voor te berei.
Vinnig & maklik: Koek & Muffins, Kleinkoekies, skywe & Nog
R 40.00
Na die sukses van die eerste vinnig en maklik-bakboek het menigte lojale bakkers gevra dat nog een geskep word. Dit het gebgeblyk dat diegene wat vir hul gesinne of vir koekstalletjies, oggend- en middagtees, brug-middagetes en skoolkosblikkies bak die boek uit hulle kop ken en hulle repertoire van bakwerk.
Bennie Boekwurm se besige pretboek
Bennie Boekwurm se besige pretboek
R 130.00
Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek - met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kin...
Drie vriende
Drie vriende
R 70.00 R 120.00
In ’n huisie by die see woon ’n kat, ’n hond en ’n muis gelukkig saam. Op ’n dag klop ’n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen ’n spesiale geskenk. Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wêreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?
Floreer
Floreer
R 60.00 R 265.00
Wat is die “iets” wat ’n mens laat opstaan as dit voel of die lewe jou asem uitgeslaan het? Veerkragtigheid nie iets uitsonderlik is wat net sommige mense het nie, ons almal het dit en kan dit oefen en uitbou. Ilse Salzwedel bespreek wat die eienskappe van veerkragtige mense is, en hoe ons meer veerkragtig kan word. Aan die hand van haar eie...