- Home
- Duinebesies
Duinebesies
Skedelkus. Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibie toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om 'n wit Kersfees in Frankryk te beleef is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te sien:
1. Oor 'n week begin Alex se finale skooleksamen. Drie lang weke waarin sy hopeloos te min van haar kerel gaan sien. 2. Wanneer sy matriekeksamen verby is, vat hy die pad landuit op ’n 4x4-avontuur. Dit gaan ’n lang tyd wees voordat sy weer saam met Alex in die reën kan hardloop of lawwe dinge kan doen. 3. En dan, as haar laaste graadtienvraestel verby is, begin sy pak vir oom Eddie se mal uitstappie na die Namib.
Die woestynuitstappie sorg egter vir meer opwinding as wat Elle in haar wildste drome kon dink. ’n Paar van die manstudente in die navorsingsgroep sal enige warmbloedige meisie twee keer laat kyk. En tussen die sandduine wag avonture wat Elle heeltemal van die Eiffeltoring laat vergeet ...
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere
Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.
Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
R 50.00
Wanneer Manie en Tobie, die twee klein muisies, hul niggies van die vlermuisfmailie leer ken, wil hulle net ? 'n ding doen: hulle wil ook vlieg… Sal hulle droom waar word?
Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…