Free National Shipping on Orders over R500!
{"id":7686118998188,"title":"Geheime van die hel ontbloot","handle":"geheime-van-die-hel-ontbloot","description":"\u003cmeta charset=\"utf-8\"\u003e\u003cmeta charset=\"utf-8\"\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eTydens 'n besoek aan Israel in 2007, het ons groepie in 'n gastehuis by die See van Galilea tuisgegaan. Een oggend om vyfuur het Vader my wakker gemaak en my in die Gees kom haal en in 'n visioen die ingang na die Hel (Hades) gaan wys.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDit was soos 'n diepdonker gat wat in die aarde afgegaan het. Metershoë soliede wande het dit onmoontlik gemaak om vanuit hierdie bodemlose put terug te keer. Vir ongeveer 20 minute lank het Vader my laat beleef hoe dit voel om in die donkerte van Hades af te gaan en die magteloosheid te ondervind om daar vasgevang te word en nooit weer te kan terugkom nie. Dit was die mees angswekkende ondervinding wat ek beleef het en ek sal alles doen om te keer dat enigiemand daar beland.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eVader se stem was hoorbaar duidelik toe Hy vir my sê: \u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003e“Mense wat na die donker dieptes van die ewige verdoemenis gaan, sal nooit weer daaruit kan terugkom nie. Gaan vertel dit vir My kinders.’’\u003c\/em\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOnnodig om te beskryf dat ek in 'n totale toestand van skok verkeer het en vir dae aaneen getraumatiseer was waartydens ek aanhoudend in trane was. Die oggend van ons vertrek uit Israel het ek op die plat dak van die gastehuis waar ons die laaste nag in Jerusalem oorgeslaap het, gesit en uitgekyk oor die stad. Skielik het ek weer 'n visioen van Hades gesien, maar met 'n verskil: Die keer het Jesus Christus, die Messias, op die rand van die afgrond gestaan. Sy rug was na die ingang van die hel gekeer.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eWeer kon ek die volgende woorde hoor: \u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003e“Dit is net Jesus wat kan keer dat mense nie verlore gaan nie. Gaan vertel My kinders: Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe.  Niemand kan na My toe kom behalwe deur Hom nie.’’\u003c\/em\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eMet ons terugkoms in Suid Afrika, was ek nog steeds in ? toestand van skok. Ek het en kon met niemand oor die visioene praat nie. 'n Paar dae later is een aand tydens ? profetiese bediening die volgende aan my geprofeteer en het dit vir my as bevestiging gedien dat Vader God besig is om met my 'n pad te loop. Die profeet se woorde aan my was: \u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003e“Jy het deur hel gegaan in jou lewe, en jy was in der waarheid onlangs in die hel. Maar in hierdie uur gaan daar nog bygevoeg word.’’\u003c\/em\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOnnodig om te sê: Ek was histeries bang om weer die ervaring van die hel te beleef en ek was nie eens heeltemal seker wat die profesie ingehou het nie. Min het ek egter geweet dat ek, vergesel deur 'n engel, in die bestek van  twee maande, sewe keer deur die Gees van God afgeneem sou word na die dieptes van Hades sodat ek kon terugkom en alles in boekvorm neerskryf. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cbr\u003e","published_at":"2023-09-19T16:57:05+02:00","created_at":"2023-09-19T16:57:05+02:00","vendor":"DiskontoBooks","type":"Soft Cover","tags":["Afrikaans","Christelik","Volwasse"],"price":8000,"price_min":8000,"price_max":8000,"available":false,"price_varies":false,"compare_at_price":null,"compare_at_price_min":0,"compare_at_price_max":0,"compare_at_price_varies":false,"variants":[{"id":42741046116524,"title":"Default Title","option1":"Default Title","option2":null,"option3":null,"sku":"Hephzibah Maritz","requires_shipping":true,"taxable":true,"featured_image":null,"available":false,"name":"Geheime van die hel ontbloot","public_title":null,"options":["Default Title"],"price":8000,"weight":250,"compare_at_price":null,"inventory_management":"shopify","barcode":null,"requires_selling_plan":false,"selling_plan_allocations":[]}],"images":["\/\/www.diskontobooks.co.za\/cdn\/shop\/files\/Hel.jpg?v=1695135519"],"featured_image":"\/\/www.diskontobooks.co.za\/cdn\/shop\/files\/Hel.jpg?v=1695135519","options":["Title"],"media":[{"alt":null,"id":28497846894764,"position":1,"preview_image":{"aspect_ratio":0.642,"height":2539,"width":1630,"src":"\/\/www.diskontobooks.co.za\/cdn\/shop\/files\/Hel.jpg?v=1695135519"},"aspect_ratio":0.642,"height":2539,"media_type":"image","src":"\/\/www.diskontobooks.co.za\/cdn\/shop\/files\/Hel.jpg?v=1695135519","width":1630}],"requires_selling_plan":false,"selling_plan_groups":[],"content":"\u003cmeta charset=\"utf-8\"\u003e\u003cmeta charset=\"utf-8\"\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eTydens 'n besoek aan Israel in 2007, het ons groepie in 'n gastehuis by die See van Galilea tuisgegaan. Een oggend om vyfuur het Vader my wakker gemaak en my in die Gees kom haal en in 'n visioen die ingang na die Hel (Hades) gaan wys.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDit was soos 'n diepdonker gat wat in die aarde afgegaan het. Metershoë soliede wande het dit onmoontlik gemaak om vanuit hierdie bodemlose put terug te keer. Vir ongeveer 20 minute lank het Vader my laat beleef hoe dit voel om in die donkerte van Hades af te gaan en die magteloosheid te ondervind om daar vasgevang te word en nooit weer te kan terugkom nie. Dit was die mees angswekkende ondervinding wat ek beleef het en ek sal alles doen om te keer dat enigiemand daar beland.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eVader se stem was hoorbaar duidelik toe Hy vir my sê: \u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003e“Mense wat na die donker dieptes van die ewige verdoemenis gaan, sal nooit weer daaruit kan terugkom nie. Gaan vertel dit vir My kinders.’’\u003c\/em\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOnnodig om te beskryf dat ek in 'n totale toestand van skok verkeer het en vir dae aaneen getraumatiseer was waartydens ek aanhoudend in trane was. Die oggend van ons vertrek uit Israel het ek op die plat dak van die gastehuis waar ons die laaste nag in Jerusalem oorgeslaap het, gesit en uitgekyk oor die stad. Skielik het ek weer 'n visioen van Hades gesien, maar met 'n verskil: Die keer het Jesus Christus, die Messias, op die rand van die afgrond gestaan. Sy rug was na die ingang van die hel gekeer.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eWeer kon ek die volgende woorde hoor: \u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003e“Dit is net Jesus wat kan keer dat mense nie verlore gaan nie. Gaan vertel My kinders: Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe.  Niemand kan na My toe kom behalwe deur Hom nie.’’\u003c\/em\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eMet ons terugkoms in Suid Afrika, was ek nog steeds in ? toestand van skok. Ek het en kon met niemand oor die visioene praat nie. 'n Paar dae later is een aand tydens ? profetiese bediening die volgende aan my geprofeteer en het dit vir my as bevestiging gedien dat Vader God besig is om met my 'n pad te loop. Die profeet se woorde aan my was: \u003cem data-mce-fragment=\"1\"\u003e“Jy het deur hel gegaan in jou lewe, en jy was in der waarheid onlangs in die hel. Maar in hierdie uur gaan daar nog bygevoeg word.’’\u003c\/em\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOnnodig om te sê: Ek was histeries bang om weer die ervaring van die hel te beleef en ek was nie eens heeltemal seker wat die profesie ingehou het nie. Min het ek egter geweet dat ek, vergesel deur 'n engel, in die bestek van  twee maande, sewe keer deur die Gees van God afgeneem sou word na die dieptes van Hades sodat ek kon terugkom en alles in boekvorm neerskryf. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cbr\u003e"}

Geheime van die hel ontbloot

Product Info
Maximum quantity available reached.
Author: Hephzibah Maritz

Tydens 'n besoek aan Israel in 2007, het ons groepie in 'n gastehuis by die See van Galilea tuisgegaan. Een oggend om vyfuur het Vader my wakker gemaak en my in die Gees kom haal en in 'n visioen die ingang na die Hel (Hades) gaan wys.

Dit was soos 'n diepdonker gat wat in die aarde afgegaan het. Metershoë soliede wande het dit onmoontlik gemaak om vanuit hierdie bodemlose put terug te keer. Vir ongeveer 20 minute lank het Vader my laat beleef hoe dit voel om in die donkerte van Hades af te gaan en die magteloosheid te ondervind om daar vasgevang te word en nooit weer te kan terugkom nie. Dit was die mees angswekkende ondervinding wat ek beleef het en ek sal alles doen om te keer dat enigiemand daar beland.

Vader se stem was hoorbaar duidelik toe Hy vir my sê: “Mense wat na die donker dieptes van die ewige verdoemenis gaan, sal nooit weer daaruit kan terugkom nie. Gaan vertel dit vir My kinders.’’

Onnodig om te beskryf dat ek in 'n totale toestand van skok verkeer het en vir dae aaneen getraumatiseer was waartydens ek aanhoudend in trane was. Die oggend van ons vertrek uit Israel het ek op die plat dak van die gastehuis waar ons die laaste nag in Jerusalem oorgeslaap het, gesit en uitgekyk oor die stad. Skielik het ek weer 'n visioen van Hades gesien, maar met 'n verskil: Die keer het Jesus Christus, die Messias, op die rand van die afgrond gestaan. Sy rug was na die ingang van die hel gekeer.

Weer kon ek die volgende woorde hoor: “Dit is net Jesus wat kan keer dat mense nie verlore gaan nie. Gaan vertel My kinders: Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe.  Niemand kan na My toe kom behalwe deur Hom nie.’’

Met ons terugkoms in Suid Afrika, was ek nog steeds in ? toestand van skok. Ek het en kon met niemand oor die visioene praat nie. 'n Paar dae later is een aand tydens ? profetiese bediening die volgende aan my geprofeteer en het dit vir my as bevestiging gedien dat Vader God besig is om met my 'n pad te loop. Die profeet se woorde aan my was: “Jy het deur hel gegaan in jou lewe, en jy was in der waarheid onlangs in die hel. Maar in hierdie uur gaan daar nog bygevoeg word.’’

Onnodig om te sê: Ek was histeries bang om weer die ervaring van die hel te beleef en ek was nie eens heeltemal seker wat die profesie ingehou het nie. Min het ek egter geweet dat ek, vergesel deur 'n engel, in die bestek van  twee maande, sewe keer deur die Gees van God afgeneem sou word na die dieptes van Hades sodat ek kon terugkom en alles in boekvorm neerskryf.