- Home
- Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn: 2 in 1
Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn: 2 in 1
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus! In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel!
Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ’n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek, en wat soek hulle? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ’n nagmerrie gaan ontaard ... Werner en sy vriende in Duskant die doodlyn lééf vir rugby.
Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hul aartsvyande ’n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En waarom gebeur daar skielik allerhande vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner en die res van sy span beland in groot gevaar ...
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere
Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Dierestories: Kaylee die Katjie
Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.
Stalmaats Omnibus 2
Stalmaats Omnibus 2
R 280.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in ’n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan ’n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandel...
Miesiemuis Gaan See Toe: Leer lees
R 80.00
Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.
Stalmaats Omnibus 1
Stalmaats Omnibus 1
R 280.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans!Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by ha...
Goed wat beweeg: Klankboek
Goed wat beweeg: Klankboek
R 295.00
Leer alles oor goed wat beweeg in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien geluide en maklik om te gebruik sleutels, is hierdie 'n wonderlike manier om kinders aan verskillende soorte voertuie bekend te stel.