- Home
- Strikdans
Strikdans
’n Ramp. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. Elle is in matriek. Dit is veronderstel om die beste jaar van haar hele skoolloopbaan te wees. Sy is immers vanjaar hoofmeisie, sy het die beste vriende waarvoor enige meisie kan vra, sy gaan met die ou van haar drome uit, en daar is hope opwindende dinge by die skool om na uit te sien. Maar die jaar skop op ’n aaklige noot af. Dinge tussen haar en Alex loop skielik skeef. En by die skool wag ’n groot skok op almal toe die hoof, mevrou Bender, onverwags ernstig siek word.
Die waarnemende hoof, doktor Grimm, voel ’n veer vir die skool se tradisies en die spesiale projekte waaraan Elle-hulle soveel tyd en aandag bestee het. Al waarin die vreemde man met sy strikdas en sy fobie vir katte belang stel, is wiskunde. Hy is vasbeslote om Gravitas die beste wiskundeskool in die land te maak. Elle besluit sy kan nie net toekyk hoe Gravitas se trotse tradisies die een ná die ander sneuwel nie. Maar kort voor lank kom haar hoofmeisiebalkie in gedrang …
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere
Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…
Dierestories: Charlie die Krappie
R 55.00
Charlie wil graag saam met sy maats speel, maar sy pappa wil hê dat hy eers iets moet doen voordat hy gaan.
Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
R 50.00
Wanneer Manie en Tobie, die twee klein muisies, hul niggies van die vlermuisfmailie leer ken, wil hulle net ? 'n ding doen: hulle wil ook vlieg… Sal hulle droom waar word?