- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks

Sanri Steyn: Die nag van die weerwolwe
R 70.00 R 125.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein. Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie ’n sappig...

Sanri Steyn: Die Seun met die superkat-kragte
R 70.00 R 125.00
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het ’n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

Sanri Steyn: Die spookmeisie van Raaiselfontein
R 70.00 R 125.00
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Sanri Steyn: Die Vampiere van Vlermuishoogte
R 70.00 R 125.00
Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?

Sanri Steyn: Doktor Zombos se geheime formule
R 70.00 R 125.00
Hierdie is die eerste boek in ’n splinternuwe reeks oor aspirantjoernalis Sanri Steyn en haar vriend Markus se avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor en lekker grillerige avonture sal seuns en meisies vasgenael hou!

Sarel Seemonster leer ons van kleure
R 60.00
In die reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters. Hul leer alles van kleure saam Sarel Seemonster, Wielie Walie se geliefde monster van die see. Met lekker oefeninge, maklike speletjies om by die huis te speel en ’n eksperiment of twee, is dit pret om te leer!

Sarel Seemonster se avontuur
R 160.00
Sarel Seemonser is lus vir avontuur. Maar voordat hy vertrek, waarsku sy ouma Seemonster: “Onthou, as jy in die moeilikheid is, het jy 'n wapen. Seemonsters blaas stoom uit en dit laat diere dink daar is vuur binne ons.” Sarel se stoom borrel en gorrel die lug in. Maar wat gaan gebeur as hy 'n skelm wolf, 'n slang en 'n aasvoël teëkom?'n Heerlik...

Saterdag Val Ek Vir Jou
R 220.00
Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke,...

Satyn: Omnibus 6
R 80.00
In Om minder lief te he kom lugwaardin Arabel haar eksman na weer op 'n vlug tee en die aantrekkingskrag tussen hulle smeul nog. In Margot en die meerman hou Margot in Zanzibar vakansie en ontmoet vir Konrad: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy. In Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C....

Schalkie van Wyk: Keur 13
R 70.00
Hierdie omnibus bevat drie lieflike romantiese verhale deur Schalkie van Wyk: More bring ’n nuwe daeraad, Gevangene van gister en Iemand soos jy.

Scrap Book (Scratchy) Large
R 15.00
Come and have fun - create your own beautiful picture!

Scratch Note (Scratchy) Small
R 10.00
Come and have fun - create your own beautiful picture!

Sebra wat hartseer was, Die
R 125.00
Sebra is baie hartseer en alleen toe sy beste maatjie, Kameelperd, wegtrek. Sebra se maats probeer verskillende dinge om hom op te beur. Sal hulle Sebra kan help om weer beter te voel?

Seekoei wat gelukkig was, Die
R 125.00
Seekoei is verveeld, daarom gee haar ma vir haar `n klomp werkies om te doen. Sy het `n besige dag in die bos en sy ontmoet `n klomp nuwe maats. Sal Seekoei gelukkig wees wanneer sy teruggaan huis toe?

Seeperde
R 160.00
As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd. 'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om ná skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdeplaas langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te lee...

Seerower en die vuurvliegie, Die
R 40.00
Oliver is mal daaroor om ’n seerower te wees, maar hy vind gou uit hy hou nie daarvan om ander mense blindelings te volg nie, veral as hulle verkeerde dinge doen. In hierdie opwindende verhaal leer Phineas die vuurvliegie vir Oliver dat ware vriende ons nie in versoeking bring om verkeerde en gevaarlike dinge te doen nie. Die jong seerower gaa...