- Home
- diskontobooks
- Afrikaans
diskontobooks

Skuif en loer: Syfers
R 180.00
Met hierdie reeks sal kinders hope pret hê terwyl hulle syfervaardighede met behulp van teloefeninge ontwikkel!

Skwiek
R 180.00
’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam ...

Slaapstories vir Dogters
R 140.00
Jy kan elke aand snoesig in jou bed inkruip, met die oulike versameling slaaptydstories. Slapenstyd was nog nooit so opwindend nie! Hierdie boek bevat vyftien stories, spesiaal geskryf om elke dogter se hart aan te raak. Kom deel in die pret en plesier en word weggevoer in 'n droomwereld van avonture!

Slaapstories vir Seuns
R 140.00
Jy kan elke aand snoesig in jou bed inkruip met die oulike versaemling slaaptydstories. Slaaptyd was nog nooit so lekker nie! Hierdie boek bevat vyftien stories, spesiaal geskryf om elke seun te laat droom oor opwindende gebeure. Kom deel in die pret om in die ruimte rond te vlieg of op 'n plaas te gaan kuier. Jy sal weggevoer word in die droomw...

Slaapstories vir Vaak Ogies
R 275.00
Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat ?n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies m...

Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 1 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn … Hier’s stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na Sprokiesland! Die stories op hierdie CD: Die bok wat limonade wou drink; Oktavia Spinnekop se goue web; Pos vir Lydia; Die horlosie; Die vuurvliegies; Lindet...

Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 2 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn ... Hier's stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na sprokiesland! Volume 2: Die dwergvlermuis se avontuur; Dunnelientjie; Die eekhorinkie in die berge; Die swaan met goue vere; Lenet se ponie; Die kabouters;...

Slaaptyd Stories
R 120.00
Trek saam met Bennie Beertjie sy towerpajamas aan en word 'n dapper seerower. Ontmoet die onnutsige Evert, die eekhorinkie wat nie wou gaan slaap nie en troos die liewe klein muisie as ys vir die eerste keer by Oupa en Ouma gaan oorslaap en 'n bietjie hartseer is.

Slaaptydstories uit die Bybel
R 170.00
Met Slaaptydstories uit die Bybel het kinders ’n wonderlike manier om die dag af te sluit en rustig te raak vir slaaptyd. Die kindervriendelike teks en illustrasies sal hul verbeelding aangryp en praat met hul kinderharte. Daar is tien van die mees geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament. Die kleingoed sal kennis maak met helde soos ...

Slange van Suider-Afrika
R 190.00
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat ...

Slim koppies: My Liggaam
R 130.00
Kennis oor die liggaam en sintuie is 'n belangrike boublok vir kinders om hulself en hulle wêreld te verstaan. Die eenvoudige en kleurvolle foto's met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.This book helps teach the child about their body and senses. Children use their bodies to...

Slimbegin: 'n Taal en Wiskundewerkboek propvol opvoedkundige aktiwiteite
R 60.00
Hierdie opvoedkundige aktiwiteitboek is spesiaal ontwerp om kinders se wiskunde en taalvaardighede te slyp, terwyl dit hulle uitdaag om te dink en kreatief te wees.

Slimkoppies: Plaasdiere
R 130.00
Kennis oor die natuur is ’n belangrike boublok om kinders se nuuskierigheid oor ander lewende dinge te prikkel.Die eenvoudige en kleurvolle foto’s met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.

Slym Boek
R 170.00
Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym! Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en l...

Slym se Stories
R 250.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...

Slymerigste, stinkerigeste eksperimente-boek
R 80.00
Hierdie eksperimenteboek is nie vir bangbroeke of bewebroeke nie – slegs vir koelkoppe! Maak konkoksies van glibberige slym, verwyder ’n eier se dop sonder om dit te breek, kweek yslike koekies seep, maak ’n mummie van ’n baie stinkerige vis, en vele meer! Elke eksperiment word gevolg deur die ware en interessante wetenskaplike feite. Wetenskap ...