- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks
Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2, Die
R 370.00
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die ...
Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek, Die
R 360.00
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, app...
Suid-Afrikaanse Melktert Versameling, Die
R 120.00
Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as...
Superhelde van die Savanna
R 170.00
Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede! ’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.
Superheroes vlieg net saans
R 180.00
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is? Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
Superskurk
R 190.00
Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie. Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad. ’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef. Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met...
Supervillain
R 190.00
Wessel knows his holiday at his grandpa’s house is going to be the pits. Grandpa Zirk is grumpier than a hammerhead shark with a toothache and he HATES kids. But something isn’t quite right. Why does his grandpa sneak around outside at night? What is he hiding in the mysterious garden shed? Is his grandpa actually a ... SUPERVILLAIN?
Superwurm (Julia Donaldson)
R 190.00
Jy't niks om te vrees as Superwurm naby is nie. Hy kan sy lang lyf inspan om Gogga uit 'n put te red en Padda betyds uit 'n besige pad te gryp. Maar wie sal tot Superwurm se redding kom as Toornaar Akkedis hom ontvoer?
Susanna M Lingua Gunstelinge 6
R 80.00
In Waar die frangipani bloei is Duque Diago de Velira Cervantes in beheer op Braco, maar toe Ronelle Dekker die dorpie besoek, daag sy hom met haar vurige geaardheid uit. In Lied van die Isar raak die baron Ludwig Krafft halsoorkop op Tillie Joubert verlief en hulle trou. Maar sy weduweesuster probeer die huwelik vernietig. En in Jy is my droomm...
Suurlemoen! 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter
R 220.00
Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word. Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boek ...
Suzelle DIY: Die Boek
R 90.00
Doen-dit-self met 'n humoristiese kykie. Suzelle gee wenke vir huishoudelike takies, jou kar, groener te leef, braaityd feestelik te maak, jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk en doen-sit-self sonder enige voorgevalle te doen. Haar vriendin, Marianne, maak ook haar verskyning en fokus op haar dierevriende. Suzelle is ook nie suinig n...
Suzie Se Superdoeper-Sjampoe
R 170.00
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al ‘n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy ’n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies… Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop i...
Swakste Restaurant in die Heelal, Die
R 230.00
‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories! Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is! Vind uit hoe ‘n mens too...
Sweef en ander verhale
R 200.00
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Sweef en ander verhale
R 250.00
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Sylvester: Ramkat van die Groot-Karoo
R 260.00
Hoe hard kan Sylvester brul?In hierdie besonders geïllustreerde boek het meester storieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylveste...