- Home
- diskontobooks
- Afrikaans
diskontobooks
Tryna du Toit Omnibus 11
R 80.00
In ’n Ruiker in die herfs, kry Paul en Margaret ’n tweede kans om by mekaar geluk te vind. Anna leer vir Niek beter ken in Vakansie op Kromrivier. Nou wonder sy: Is Niek nog lief vir sy eks-verloofde? In Die nimmer-nimmer-berge voel Sarie de Klerk vasgevang in haar eensame bestaan, totdat die buurplaas ’n nuwe eienaar kry. Hermina Greef moet ’n ...
Tuis Kos uit die Tuin
R 80.00
Kos uit die tuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, met plant- en oeswenke. Kos uit die tuin bevat 'n keur van Sonja Jor...
Tuistafel: Kook saam met die Huiskok
R 150.00
Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of ’n feesmaal saam met kleurryke kosvriende is. Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en kos wat sy arms wyd strek. Kos van verlange soos melkkos vat hande met avon...
Tussen die lyne
R 120.00
Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie WOEMA? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverko...
Twee kinders later
R 50.00
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van o...
Tyd is 'n B**ksem
R 220.00
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die hoërskool!
Tyd om te skaats
R 210.00
Hannah is vasgekeer...... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wereld vanuit sy studeerkamer probe...
Tydlose Eenskotteltreffers
R 120.00
Na die wegholsukses van haar vroeere kookboeke het die skrywer nou saam met haar dogter resepte vir smaaklike eenskottelmaaltye geskep. Hierdie versameling van tydlose en kontemporere resepte sal onmisbaar wees in elke huis en jou inspireer om nuwe idees op die proef te stel om jou spyskaart uit te brei. Die geregte is maklik om gaar te maak en...
Uil in die ysbos
R 350.00
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar ...
Uile (1) van Kranskop
R 180.00
Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken? Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap v...
Uile (10) in die Stad
R 180.00
’n Paar blink klippies, ’n vreemde stad en ’n gevaarlike smokkelbende … Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland hy en sy vriende – bekend as die Uile – in ’n ondergrondse netwerk van misdaad. En wanneer die moeilikheid hulle na ’n verlate mynskag lei, raak dinge éérs gevaarlik. Sal die Uile Lan Fu s...
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
R 180.00
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier! Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit...
Uile (12) in Mosambiek
R 180.00
Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar! Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart...
Uile (13) in die Gimnasium
R 180.00
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium. Hier is die luitenante en korporaals manne om rekening mee te hou. Dit is nou tyd om taai te word, om te leer dat ’n man nie moeg is totdat jou wil ingegee het nie – en hier mág jou wil nie ...
Uile (14) Vlieg Weer
R 180.00
Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar ná die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy hoërskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. M...
Uile (2) en die Rampokkers
R 150.00
Die Genootskap van die Groot Uil het nou ’n geruime tyd nie ’n sitting gehou nie … Die avonture wat vyf vriende van Kranskop in hulle graad 9-jaar ervaar het, begin net-net lyk na kinderspeletjies van die verlede toe ’n reeks geheimsinnige gebeure hulle ’n jaar later dwing om weer die Genootskap van die Groot Uil byeen te roep. Philip, Hennie, B...