- Home
- diskontobooks
- Afrikaans
diskontobooks
Wat’s jou storie? Watermonster
R 160.00
’n Splinternuwe Kies-jou-eie-avontuur-reeks uit die pen van Jaco Jacobs. Wat’s die storie met dié boek? Hierdie is nie sommer enige boek nie – dis JOU storie! Dis reg, JY is die hoofkarakter en JY besluit wat volgende gaan gebeur. Lees die instruksies onderaan elke hoofstuk en besluit wat jy volgende gaan doen. Elke keuse lei na ’n nuwe avontuur...
Weber Braaibybel
R 450.00
Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkie...
Weber se Beste Braaiboek
R 430.00
Weber het dit weer reggekry! Weber se Beste Braaiboek is presies wat jy verwag van die wêreld se voorste braaifirma. Innoverende resepte, verbeeldingryke bestanddele, uitsonderlike fotografie en ’n rykdom van kundige raad vir beginnerbraaiers en ervare braaimeesters. Die Weber-sjefs is beslis kenners op die gebied van die braaivuur en -vernuf. S...
Webslim: Hoe om aanlyn veilig te Bly
R 170.00
Word www.webslim.co.za. Kom ontdek die wonders van die internet saam met Anzil en Chris, en leer hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Of jy nou veilig wil bly op sosiale media, jou slimfoon of e-pos wil gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval word, hierdie boek is ’n briljante gids vir jou lewe...
Weer en die Seisoene (Prettige Feite)
R 170.00
Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Ontdek wat alles in die lug aangaan in Prettige feite: Weer en die seisoene. Hierdie boek is propvol feite en aktiwiteite wat dit die perfekte boek vir alle weerstoestande maak! Lesers kan uitvind hoe sneeuvlokkies vorm, waarom dit reën en waarom daar soms 'n reënboog in die lug verskyn. Daar is sel...
Weet hoe met wetenskap
R 330.00
Verdiep jou in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, wat in 25 lekker maklike projekte gekombineer is.
Weg! Platteland Seisoenskos
R 120.00
Alle goeie kos begin by vars bestanddele en Seisoenskos was jou hoe om van lente, somer, herfs, en ja, ook winter, 'n okkasie te maak. Ruim tyd in om kos te maak en dit aan tafel met spesiale mense te geniet. 90 resepte - van voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte, bykosse, nageregte, gebak en drankies - maak dit maklik om die oorvlo...
Wenners vir Jesus: 101 Dagstukke vir Koningskinders
R 160.00
101 dagstukke wat kinders tussen agt en 12 uitdaag om ’n verskil in die wêreld te maak. God het ’n hart wat brand van liefde vir kinders. Hy het hulle innig lief. So jonk as wat hulle is, het elkeen van hulle ook ’n plek en ’n doel op aarde. Hulle is net so bruikbaar soos volwassenes. In Wenners vir Jesus nooi Johan en Helena Smith elke laersko...
Wêreld van Wolwe: Derde Mag (Boek 3)
R 230.00
“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.” Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolw...
Wêreld van Wolwe: Eerste Bloed (Boek 1)
R 230.00
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En men...
Wêreld van Wolwe: Tweede Asem (Boek 2)
R 230.00
Dis weird om te weet jy is 'n weerwolf. Maar dis ook cool. Joshua Reinders se lewe het 'n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is 'n weerwolf. Maar dit bring ook 'n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te ha...
Wian Verwey het 'n Crush op my
R 80.00
Wian Verwey het 'n crush op my. En ek is nie seker hoe ek daaroor voel nie. Elke keer as ek daaraan dink, kan ek nie help om te glimlag nie, want dit klink soos die titel van een van daardie Afrikaanse liedjies waarin als rym.
Wie is so Oulik?
R 180.00
n Boek om met 'n oulike klein mensie te deel. 'n Heerlike interaktiewe boek, geskep deur die topverkoperskrywer Camilla Reid, en geillustreeer deur die bekroonde Nila Aye.
Wie skrik vir Wortel Wolf?
R 180.00
Three well-known fairytales have been turned on their head in this beginner reader. We meet Wortel Wolf, the main character in The three little pigs, Red Riding Hood and The boy who cried Wolf. Three little pigs move in and Wortel decides the neigbourly thing to do is to introduce himself. He meets a distraught Red Riding Hood in the forest and...
Wie's jy, mnr Slym?
R 210.00
Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar! ...
Wilde diere - Feite en geite: Kan ’n olifant sonbrand?
R 90.00
Sê nou 'n olifant kom kuier . . . Gaan saam met Olifant strand toe, en kyk wat gebeur met haar in die ballet- en kunsklas. Jy sal verbaas wees oor hoe slim, swaar en raserig sy regtig is! In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte,...