- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks
Goorgomgaai, Die
R 190.00
'n Muis gaan stap deur die donker bos. 'n Vos sien die muis en hy dink aan kos. Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy 'n vos, 'n uil en 'n honger goorgomgaai raakloop...
Goorgomgaatjie, Die
R 190.00
Die Goorgomgaai se: "Glo vir my, uit die bos moet 'n goorgomgaai wegbly." Maar een stormagtige aand ignoreer die Goorgomgaaitjie haar pa se waarskuwings en sluip stil-stil by die goorgomgrot uit, die bos in. Buitendien - die Nare Muis bestaan tog nie regtig nie, of hoe? Die Goorgomgaaitjie, opnuut in Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs, is die op...
Goorste week ooit: Dinsdag
R 200.00
Justin Chase het MAANDAG skaars oorleef, en nou is dit . . . DINSDAG! Sy kat is steeds weg en is waarskynlik deur aliens ontvoer. Hy skaam hom meer as ooit vir sy pa. Hy het onverwags op die ergste manier moontlik ’n internetsensasie geword. Boonop val fotodag by sy nuwe skool saam met die Wetenskap Skouspel en dit ontaard in ’n bibberboud- en t...
Goorste week ooit: Donderdag
R 200.00
Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Maandag was mal, Dinsdag was dol, Woensdag was woes, en nou is dit . . . Donderdag. Justin is steeds teen sy sin ’n internetsensasie en mense van oor die wêreld vergaap hulle aan al sy vernederendste oomblikke. Verder word hy met iemand anders verwar en boonop ontvoer en afgepers. Ons arme hel...
Goorste week ooit: Maandag
R 200.00
Justin Chase het die GOORSTE WEEK OOIT! Sy ma het so pas met 'n vampier getrou. Sy pa ry in 'n reuse toilet op wiele rond. Sy kat is waarskynlik deur aliens ontvoer. 'n Psigopatiese boelie maak sy eerste dag in ’n nuwe skool ’n nagmerrie. En op die oomblik hang hy voor sy hele klas aan die punt van ’n duiktoring wat tien meter hoog is en al wat ...
Goorste week ooit: Woensdag
R 200.00
Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk ’n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy’s vasgekeer in ’n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet...
Goue lint-stories: 'n Duisend en een Nagte
R 275.00
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van tydlose verhale.
Goue lint-stories: Die mooiste avontuurverhale
R 260.00
In hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan klassieke avontuurverhale, soos Om die wêreld in 80 dae, Robinson Crusoe, Lancelot se avonture, Gulliver en die Lulliputers, White Fang, Die drie musketiers, Tarzan, Skateiland, Reis na die middel van die aarde, Tom Sawyer en Huckleberry Finn en Sandokan, die ...
Goue lint-stories: Die Mooiste Fabels deur La Fontaine
R 245.00
Hierdie wonderlike boek met pragtige illustrasies word kinders bekendgestel aan die klassieke fabels van La Fontaine, soos Die wesel en die koringskuur, Die wolf en die lam, Die duif en die mier, Die bye en die perdebye, Die leeu en die muis, Die donkie en die hond, Die swaeltjie en die voëls, Die haan, die kat en die muis, die takbok ...
Goue lint-stories: Die mooiste klassieke sprokies
R 245.00
Hierdie wonderlike boek wat 11 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van klassieke verhale. Stories sluit in Skoonlief en die Ondier, Peter Pan, Bambi, Sneeuwitjie en die sewe dwergies, Die oerwoudboek, Alice in Wonderland, Robin Hood se avonture, Pinocchio, Die towena...
Goue lint-stories: Die mooiste verhale van Andersen
R 245.00
Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.
Goue lint-stories: Die mooiste verhale van die Grimm-broers
R 245.00
Hierdie wonderlike boek met 15 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van die Broers Grimm.
Gourmet Susters: Kuier en Kook Saam
R 90.00
Sue-Ann Allen en Ilse Fourie het ’n hegte vriendskap gevorm tydens die opnames van MasterChef SA 2012. Sedertdien pak hulle heelwat projekte saam aan en staan bekend as die Gourmet Susters. Hulle het nou ook kragte saamgesnoer in die vorm van hierdie kookboek. Hulle het 44 algemene bestanddele gekies en elkeen gee toe ’n resep wat haar eie perso...
Grappe van A - Z
R 210.00
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt. Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. 'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e.
Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
R 185.00
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met...
Grilgrypers 2: Web van die Mummie
R 185.00
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is ha...