- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks

KOMBO: Minireeks Voorlees boekies
R 60.00
Bevorder en ontwikkel leesvaardighede. Bevorder limguistiese leer deur storievertelling en deur die lees van kinderboeke gepas vir die leesouderdom. Wissel leestempo en volume tydens lees - lees soms vinnig, en soms stadig, soms sag en soms hard - en lees met gevoel. Beskikbaar as 'n pakket: Die Gemmerbroodmannetjie Die Drie Rammetjies Rof Di...

KomInPas met Afrikaans: Huistaal
R 340.00
Die handleiding is vir Afrikaans Huistaal-leerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik.Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee. • Afdeling A is ? chronologi...

Kondensmelk
R 160.00
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero selfoonontvangs. Maar in die bosse van ...

Kook en Geniet
R 490.00
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ’n miljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld dié klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van dié boek.Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebr...

Kook Met Blikkies en Pakkies
R 120.00
Die topverkoper Kook met blikkies en pakkies het in 1997 vir die eerste keer verskyn. Vandag is dié gewilde staatmaker terug, volledig hersien en met ’n splinternuwe verpakking. ’n Kookboek spesiaal geskryf vir besige ma’s, haastige kokke en almal wat soms desperaat wonder wat om met die inhoud van hul kos- en yskas aan te vang! Vindingryke rese...

Kook saam stap vir stap
R 70.00
Kook staam stap vir stap is 'n onontbeerlike gids vir elke kombuis. Nou kan selfs die mees onervare beginnerkok met die volste vertroue watertandgeregte berei sondder om te verbrou.

Koors (Deon Meyer)
R 345.00
Die Koors het byna almal gevat.Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samele...

Kos in 'n Kits Vir Volgehoue Energie
R 120.00
Ons weet almal dat gesonde kos en kos met 'n hoe voedingswaarde baie belangrik is vir ons langtermyn gesondheid en energievlakke elke dag. Maar helaas, met druk programme en vol werksdae bly dit 'n groot uitdaging om goed en gesond te eet. Kos in 'n kits vir volgehoue energie gaan nie oor onbereikbare ideale nie. Dit is 'n praktiese, doenbare gi...

Kos is op die tafel! Gesinskos met week-spyskaarte en inkopielysies
R 80.00
Die resepte in Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies, is 'n kombinasie van eie gunstelinge en resepte waarvoor familie en vriende telkemale vra. Daar is iets onweerstaanbaar aan tuisgemaakte kos en die meerderheid resepte is maklik, eenvoudig en net lekker kuierkos. Benewens die meer as 150 resepte, word raad...

Koshuiskoffie
R 150.00
Gravitas. Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. En dit beteken natuurlik: 1. Geen ouens nie. 2. 'n Koshuis. Superhipermegagross. 3. Sakke vol grys skoolklere. 4. 'n Spul lelike beddegoed vi...

Koskaskos
R 150.00
Koskaskos gee nie net raad oor die noodsaaklike kruie, speserye en kositems wat in jou koskas hoort nie, maar die resepte gebruik ook bestanddele uit jou koskas, op vindingryke maniere voorberei, sodat alledaagse bestanddele en disse in buitengewone geregte omskep word. Daar is ook waarhede en wenke oor hoe om die regte geure te kombineer sodat ...

Kreatiewe Kuns met Toiletrolle (Boek 1)
R 100.00
Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders kunsaktiwiteite doen met slegs leë toiletrolle! Die boek sluit elemente in om uit te knip asook plakkers om allerhande kleurvolle diere te maak. Kinders kan ook fyn motoriese vaardighede op hierdie manier ontwikkel. Dit is perfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou!

Kreatiewe Kuns met Toiletrolle (Boek 2)
R 100.00
Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders kunsaktiwiteite doen met slegs leë toiletrolle! Die boek sluit elemente in om uit te knip asook plakkers om allerhande kleurvolle diere te maak. Kinders kan ook fyn motoriese vaardighede op hierdie manier ontwikkel. Dit is perfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou!

Kriewel en knor: Rympies propvol aksie
R 70.00
Die rympies in hierdie boek is vol dinge wat jy kan doen en geluide wat jy kan maak! Julia Donaldson is wêreldbekend as skrywer van topverkoperboeke soos The Gruffalo. Hierdie bundel aksierympies is vet pret! Lees dit hardop voor en voer die aksies uit Die rympies in hierdie boek is vol dinge wat jy kan doen en geluide wat jy kan maak!

Krimpvarkies, Die: Drukkies
R 80.00
Kasper en Karla is heel beste maats. Daar is soveel dinge om te doen waarvan hulle hou. Maar daar is een ding wat hulle nie kan doen nie ... hulle kan nie vir mekaar drukkies gee nie! Hulle is te stekelrig!

Krimpvarkies: Skoenlappers
R 80.00
Kasper en Karla is heel beste maats. Eendag vind hulle iets kleins en baie interessants onder ’n blaar. Wat is dit?