- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks

Professor Fungus en die BreinDrein-Eksperiment
R 70.00 R 125.00
'n Toestel wat boodskappe tot in die ruimte kan stuur? Bennie en Jenny dink dis 'n Briljante idee! Hulle kan nie wag om professor Fungus se nuutste uitvinding te toets nie. Maar dan kry hulle 'n nare verrassing uit die buitenste ruim. Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se professor Fungus-re...

Professor Fungus en die Diepsee-dillemma
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny is baie opgewonde toe een van professor Fungus se vriende hulle nooi om die diepsee in ’n splinternuwe duikboot te verken – op soek na ’n geheim-sinnige dierasie. Maar in die donker dieptes onder die see loop dinge onverwags skeef...

Professor Fungus en die Dino-Avontuur
R 70.00
Dis net ’n kwessie van tyd ... voor iets jou byt! Bennie en Jenny kan hulle oë nie glo nie. Professor Fungus se groot droom het waar geword. Hy het ’n tydmasjien uitgevind! Maar sal dit regtig werk? Daar’s net een manier om uit te vind ...

Professor Fungus en die Gekloonde Konyn
R 70.00
Hoe meer haas ... hoe meer moeilikheid! Professor Fungus het ’n probleem: Sy nuutste uitvinding wil glad nie werk nie! Die Dupliserende Infrarooi Trippel-Turbo Omsetter (kortweg sommer D.I.T.T.O.) is veronderstel om dinge te kloon … maar dit doen net mooi niks! Bennie, Jenny en Edison die robot dink dit is hoog tyd dat die professor ’n blaaskan...

Professor Fungus en die Jelliemonsters van Mars
R 70.00 R 125.00
Rikus se ouma is anders as ander ouma's. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n bloedrooi sportmotor rond. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente. Toe Ouma boonop 'n rol in 'n splinternuwe fliek losslaan, is Rikus en sy beste pel, Puleng, baie opgewonde. Hulle gaan sowaar as ekstras in 'n t...

Professor Fungus en die Monsterformule
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou?

Professor Fungus en die Ongelooflike Miniatuur-Avontuur
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny het 'n klein ou probleempie... Professor Fungus se nuutste uitvinding is fantasties. Die K.R.I.M.P. 3000 kan enige iets piepklein maak. Maar toe dinge in die laboratorium skeefloop, is dit die begin van 'n groot avontuur...

Professor Fungus en die onsigbare skurk
R 70.00
Jy sal jou oë nie glo nie! Professor Fungus is besig met ’n fantastiese nuwe uitvinding in sy laboratorium – en Bennie en Jenny kan nie wag om dit op die proef te stel nie. Professor Fungus noem dit sy Vloeibare Energie-Reduserende Dubbel-Weerkaatsende Ydelheid-Neutraliseerder … of kortweg sommer net V.E.R.D.W.Y.N. En die beste van als? Dit kan ...

Professor Fungus en die Sneeumasjien
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou?

Professor Fungus en die Snotzilla
R 70.00
Hou jou sakdoek gereed! Bennie en Jenny is bekommerd. Professor Fungus het verkoue, maar hy wil nie ophou werk nie. Dan gebeur daar egter 'n ongeluk in sy laboratorium ... en 'n Monsterverkoue word in die strate losgelaat!

Professor Fungus en die Vreeslik Gevaarlike Tuinkabouters
R 70.00 R 125.00
Die Uitvinder van die Jaar-kompetisie is om die draai. Maar ’n skurk voer nare planne in die mou ... en sy het ’n hele weermag van tuinkabouters om haar te help! Sal Bennie en Jenny kan keer dat iemand professor Fungus se idees steel en sy laboratorium verwoes?

Professor Fungus en die Zombie-Tamaties
R 70.00
Eet jou groente... voor hulle jou eet! Bennie en Jenny hou nie van groente nie. Maar hulle is nogtans opgewonde oor professor Fungus se nuutste eksperiment. Daar is egter groot fout met die tamaties in sy kweekhuis... en kort voor lank spat die pitte behoorlik!

Professor Fungus Omnibus 1
R 260.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

Professor Fungus Omnibus 2
R 260.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer ’n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met ’n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ’n skurk met ’n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ’n eienaardige seegedierte … en veg saam teen ’n weermag tuinkabouters! Vyf fantastiese Professor Fung...

Professor Fungus Omnibus 3
R 260.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer die De Vries-tweeling om hulle bose plannetjies uit te voer, help om Jenny te genees wanneer sy per ongeluk 'n formule drink wat haar pers maak en veroorsaak dat sy 'n stert groei, veg teen 'n onsigbare vyand, vang al die klone van Professor Fungus se konyn, … ...

Professor Sabatina se wetenskapboek
R 120.00
Professor Sabatina Atoom is Anna en Pip se ma in die Anna Atoom-boeke. Sy het hierdie boek geskryf oor alles wat kinders nog altyd wou weet oor wetenskap! Hoe werk swaartekrag? Hoe bly 'n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink? By elke onderwerp is daar 'n probleemstelling, dan 'n eksperiment (ee...