- Home
- DiskontoBooks
- Age 6 - 8
DiskontoBooks

Kaleidoskoop 2: 'n Bek Vol Tande
R 50.00
Hendrik Hoenderhaan en Bessie Ronde-Eier ontdek 'n pienk ding wat soos 'n skulp lyk ? Die pienk ding het dan pitte, maar dit lyk nie of dit in hel veld hoort nie! Hoppie Haas werp lig op die onderwerp: Dis menstande daai, julle veldgoggas?

Kan ek vir my 'n troeteldier kry? (Dr. Seuss)
R 160.00 R 185.00
Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? ’n Hondjie, of katjie, of dalk ’n vis of ’n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies! ...

Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 215.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!

Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 215.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Ka...

Kaptein Pipskwiek
R 150.00
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee...

Kaptein Seeley: Kimberley se Waterwoef
R 60.00
Gigi val pardoems! in Kimberley se Groot Gat terwyl sy die diamant soek wat haar moet help om ’n gesin van haar eie te kry. Vir langer as ’n week moet sy ’n stryd om oorlewing voer. Al troos is die blonde reddingswerker, John Seeley, wat weier om tou op te gooi.

Karel Kraai se Kitaar
R 160.00
Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag “Ha-ha-a-a-aa!" soos Hadeda, soos Jangroentjie "Tji-tji-tjoe!" en soos Duif "Koekeroekoe!". Dit laat al die voels se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar. Mamma Kraai beslu...

Kat kom terug (Dr. Seuss)
R 185.00
Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.

Kingfisher Soccer Encyclopedia
R 150.00
The Kingfisher Soccer Encyclopedia captures the triumph and despair of pivotal moments in world soccer. Packed with pictures and profiles of the world's most skilful soccer players - old and new - from Beckham to Messi, Pelé to Ronaldo, Rooney to Neymar. Over 40 of the best sides to have lit up the game are covered in detail, including the U...

Klassieke Kinderbybel
R 300.00
Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige Klassieke Kinderbybel. Getrou aan die klassieke tradisie word die verhale in ’n eg Bybelse styl vertel.Die pragtige en dramatiese illustrasies beeld in grafiese detail 40 van die mees geliefde Bybelverhale uit die Ou en Nuwe Testament uit. Elke illustrasie is ’n kunswerk wat aan die les...

Klein Grillie Spinnekop
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord … 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.

Klein Grillie Spinnekop - Kom ons speel skool!
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees? 'n Meevoerende prenteboek avontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.

Klein Grillie Spinnekop - Vakansie by die see
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek? Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.

Klein Grillie Spinnekop - Vakansie Op Die Plaas
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop gaan hou vakansie op die plaas. Hy pak sy rubbersteweltjies in en sien baie uit na al die diere wat hy gaan leer ken. Wie weet, dalkies loop hy daar 'n hond-kat-koei raak …? 'n Heerlike plaasavontuur vir die hele gesin!

Klein Grillie Spinnekop 3 - Die Verjaardagverrassing
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde - dit is sy verjaardag. Hy het sy web met blommetjies versier en almal kom vier saam: Oom Langbeen, Tant Fiena en al die maats. Ook Tante Tarantula, pas terug van 'n safari af, sorg vir 'n klomp verrassings … 'n Meevoerende verjaardagstorie waarin kinders saam met Grillie die wonders van Afrika ontdek.

Klein Grillie Spinnekop 4 - Die Nuwe Sussie
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop kry binnekort 'n babasussie. Hy weet glad nie wat om te verwag nie. Hoe sal dit wees met nog 'n ekstra lyfie in die huis…? Saam met sy maats gaan soek hy die antwoorde by die dierebabas in die bos. Hy leer ook dat die koms van sy sussie niks verander aan sy ouers se liefde vir hom nie.