- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Dapper Muis, Die
R 115.00
Ek’s ’n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daar’s niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang, nee, daar’s niks waarvoor ek skrik nie. En sê nou daar’s ’n kat ...? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks;...

David Walliams: Aaklige Ant Alberta
R 295.00
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen…

David Walliams: Aardigste Kinders op Aarde 3
R 295.00
Net toe jy dink dis veilig om terug na jou boekrak te gaan … TIEN NÓG AARDIGER KINDERS! Van die 10-jaar oue Pieter en die eindelose poetse waaraan hy sy arme familie onderwerp tot by Vicky en haar geweldige vloermoere: Hierdie splinternuwe versameling stories oor die aardigste kinders is die perfekte aankoop naas Die aardigste kinders 1 en 2, e...

David Walliams: Aardigste Onnies op Aarde
R 295.00
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers … DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!

David Walliams: Boudebiljoener
R 180.00
Ontmoet Joe Spud, die wêreld se rykste twaalfjarige. Joe het alles wat hy begeer: sy eie Formule Een-renmotor, 'n duisend pare sportskoene, slefs 'n oerangoetang vir 'n butler! Ja, Joe het alles wat hy wil hê, maar daar's een ding wat hy regtig nodig het...'n vriend...

David Walliams: Die Aakligste kinders op Aarde 1
R 295.00
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda – ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens ve...

David Walliams: Die Aardigste kinders op Aarde 2
R 295.00
Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit. Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind.En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal...

David Walliams: Die Middernag Bende
R 265.00
Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling…

David Walliams: Die Seun in die Rok
R 170.00
Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …

David Walliams: Die Tandeterroris
R 215.00
Die dorp word bedreig. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag. Kinders sit slapenstyd ’n tand vir die tandfeetjie onder hulle kussing, en soggens word hulle wakker en kry … ’n dooie slak, ’n lewendige spinnekop, honderde oorkruipers wat onder hulle kussings kriewel en krioel. Daar is bose magte aan die werk. Maar wie of wat sit daaragter?

David Walliams: Dingeth
R 220.00
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die bibli...

David Walliams: Gedierte In Die Gange
R 295.00
BRITTANJE. DIE TOEKOMS. DIE JAAR 2120. Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonker gehul. Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal...

David Walliams: Karre en Kroeks
R 295.00
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie to...

David Walliams: Kodenaam Piesangs
R 295.00
Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier vir wie hy ontsaglik lief is: Gertrude die gorilla.

David Walliams: Mnr Stink
R 220.00
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. ’n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En ’n stank is erger as ’n stankie. En ’n stankie is erger as ’n klankie. Maar ’n klankie is al genoeg om...

David Walliams: Ouma is 'n Kroek!
R 180.00
“Ontmoet vir Ben se ouma. Sy lyk maar soos enige ander ouma: Sy het grys hare. Sy het vals tande.Sy druk gebruikte snesies in haar mou op. En … sy’s ’n internasionale juweeldief!”