- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Ek Lees Self: Die Keiser Se Nuwe Klere
R 30.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle leeservaring.

Ek Lees Self: Die Paddaprins
R 30.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle leeservaring.

Ek Lees Self: Die Twaalf Dansende Prinsesse
R 30.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle leeservaring.

Ek Lees Self: Gouelokkies
R 30.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle eerste leeservaring!

Ek Lees Self: Repelsteeltjie
R 30.00
Die titels is ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle eerste leeservaring.

Ek lees self: Sigwoordboek
R 65.00
Die boek is ’n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks kom. In die sigwoordboekies het Wendy Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is sp...

Ek lees self: Sprinkaan leer werk
R 55.00
Die miere werk hard. Hulle maak kos vir die winter bymekaar. Sprinkaan lag vir hulle. Hy le eerder in die koelte. "Jy gaan spyt wees," se 'n mier. "Die winter kom!" 'n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige stories sal ure se ...

Ek sal jou styf vashou
R 80.00
Wanneer jy gelukkig is, hoor ek jou vrolik sing … Jy voel ligter as ’n veertjie lief vir elke liewe ding. Wanneer jy hartseer is, is ek altyd daar vir jou, om jou trane af te vee en jou teen my vas te hou. Partykeer het ons nodig om te weet dat iemand daar is vir ons. Met vertroostende woorde wat ’n wonderlike boodskap van onvoorwaardelike lie...

Ek soek my hoed
R 195.00
Die beer se hoed is weg en hy soek dit terug. Geduldig en hoflik vra hy al die diere wat hy teekom of hulle dit gesien het. En nes hy moed verloor, besef hy dat hy tog sy hoed gesien het ... Hierdie eksentrieke en skreeusnaakse prenteboek sal beide grootmense en kinders se tone laat krul van lekkerte.

Ek wens ek was....dink die meerkat
R 160.00
Na links .... reguit vorentoe ...na regs ...reguit vorentoe ... na links ... Waaksaam bespied die meeerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik 'n gevaarlike skaduwee te voorskyn kom,...

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie
R 140.00
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?Kan jy die alfabet van A tot Z burp?Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is...

Elf dae in Amsterdam
R 245.00
Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, 'n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog in haar ta...

Elf dae in New York
R 245.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou ...

Elf dae in Oxford
R 245.00
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Ine...

Elf dae in Parys
R 245.00
'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde d...

Elf dae op 'n Eiland
R 245.00
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute k...