- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks
Groot Boek van Spoke en Grille, Die
R 270.00
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling gril...
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Groot Poefwedstryd, Die
R 160.00
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkom sien Koning Kuttel dan 'n optog van verriklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan die koninklike kneg hierdie jaar uitbeitel in die gede...
Grotbaba (Julia Donaldson)
R 205.00
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal d...
Hallo, Dinosourus!
R 90.00
Dis vet pret as daar ’n dinosourus by jou voordeur opdaag, maar wanneer sy maats ook kom gesig wys – al 54 van hulle – raak alles effens te veel. Hierdie speelse telboek is vol chaos en lawwigheid – en tien verskillende soorte dinosourusse. Vertaal deur Philip de Vos.
Handskoenpop-badboek 1: Sussa Seekoei
R 150.00
Badtyd is prettyd saam met Sussa Seekoei! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.
Handskoenpop-badboek 2: Tamaai Tier
R 150.00
Badtyd is prettyd saam met Tamaai Tier! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluidede.
Handskoenpop-badboek 3: Lawwe Leeu
R 150.00
Badtyd is prettyd saam met Lawwe Leeu! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.
Handskoenpop-badboek 4: Boeta Beer
R 150.00
Badtyd is prettyd! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.
Hart van Ink
R 60.00
Dis buite donker en dynserig van die reen en die vreemdeling is skaars meer as 'n skaduwee. Meggie kan net sy bleek gesig uitmaak. Wie is hierdie vreemdeling en hoekom besluit Meggie se pa hulle moet vlug na die man hom waarsku dat 'n meedoenlose skurk op sy spoor is? Hoekom is die skurk juis agter 'n geheimsinnige boek aan? Meggie kry die antwo...
Hartklop Omnibus 2
R 80.00
In Droomdokter moet vroedvrou Mila Mouton haar Aktiewe Geboorte-eenheid se deure sluit, en dit blyk dat haar aantreklike buurman by die besluit betrokke is. In In jou hande le Michelle Judson na ’n motorongeluk hulpeloos in ’n hospitaal. Al ligpunt is die deernisvolle ortopediese chirurg Douw Hefer. In Liefde op Jannasbaai word dokter Elmo Kasse...
Hasie wat aan die slaap wou raak, Die
R 60.00
'n Slaaptydstorie gebruik gesofistikeerde sielkundige tegnieke wat ontwerp is om kinders rustig en aan die slaap te maak. Die storie oor 'n vaak hasie wat nie kan slaap nie en sy mamma wat hom na Oom Gaap neem vir raad, bevat spesiaal-gestruktureerde sinne en woordkeuses met instruksies vir ouers oor hoe om dit voor te lees en die aksies uit ...
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
R 225.00
Hierdie verbeeldingryke stories oor die ontstaan van mense, diere en dinge is gunstelingvoorleesstories van kinders en ouers. Hierdie versameling bevat 14 verhale, byeengebring deur uitgewer Michelle Cooper. Dit sluit die San se pragtige verhaal in oor waar die sterre en Melkweg vandaan kom, hoe Hiëna sy hinkstappie gekry het, waarom die son in ...
Hekselientjie Bonkie Se Eier
R 85.00
Bonkie die draak word wakker. Hy het sleg geslaap. Daar’s iets hards in sy bed … Dis … dis 'n eier! Hekselientjie en Moes verstaan dit nie: Dit kan nie Bonkie s'n wees nie. Bonkie is dan 'n seuntjie en seuntjies le nie eiers nie!
Hekselientjie En Die Draaktrane
R 60.00
Die maan sit al hoog. Hekselientjie word wakker. Als is tjoepstil in Heksiebos. Slaap almal dan nog? Sy steek haar koppie by die deur uit … Brullende besems! Wat gaan dan nou aan? Die hekse en heksies loop almal en snuif en snik. ‘Ek gaan 'n draak met trane soek,’ se Hekselientjie dapper.
Heleen en die heks met hoofpyn
R 150.00
In die middel van die groot bos woon 'n lelike ou vrou met gitswart oe en klitsgrashare, 'n moesie op haar neus en 'n sak vol toorgoed. Sy haat gelukkige kinders met elke beentjie in haar lyf, want hulle gee haar hoofpyn. Erge hoofpyn - sodat sy vir dae aan stink bossies moet ruik om reguit te kan sien. Is sy dalk 'n.......'n heks? Maar daar is ...