- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks

Handskoenpop-badboek 2: Tamaai Tier
R 150.00
Badtyd is prettyd saam met Tamaai Tier! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluidede.

Handskoenpop-badboek 3: Lawwe Leeu
R 150.00
Badtyd is prettyd saam met Lawwe Leeu! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.

Handskoenpop-badboek 4: Boeta Beer
R 150.00
Badtyd is prettyd! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.

Hart van Ink
R 60.00
Dis buite donker en dynserig van die reen en die vreemdeling is skaars meer as 'n skaduwee. Meggie kan net sy bleek gesig uitmaak. Wie is hierdie vreemdeling en hoekom besluit Meggie se pa hulle moet vlug na die man hom waarsku dat 'n meedoenlose skurk op sy spoor is? Hoekom is die skurk juis agter 'n geheimsinnige boek aan? Meggie kry die antwo...

Hartklop Omnibus 2
R 80.00
In Droomdokter moet vroedvrou Mila Mouton haar Aktiewe Geboorte-eenheid se deure sluit, en dit blyk dat haar aantreklike buurman by die besluit betrokke is. In In jou hande le Michelle Judson na ’n motorongeluk hulpeloos in ’n hospitaal. Al ligpunt is die deernisvolle ortopediese chirurg Douw Hefer. In Liefde op Jannasbaai word dokter Elmo Kasse...

Hasie wat aan die slaap wou raak, Die
R 60.00
'n Slaaptydstorie gebruik gesofistikeerde sielkundige tegnieke wat ontwerp is om kinders rustig en aan die slaap te maak. Die storie oor 'n vaak hasie wat nie kan slaap nie en sy mamma wat hom na Oom Gaap neem vir raad, bevat spesiaal-gestruktureerde sinne en woordkeuses met instruksies vir ouers oor hoe om dit voor te lees en die aksies uit ...

Hasie, hoekom is jou stert so kort?
R 225.00
Hierdie verbeeldingryke stories oor die ontstaan van mense, diere en dinge is gunstelingvoorleesstories van kinders en ouers. Hierdie versameling bevat 14 verhale, byeengebring deur uitgewer Michelle Cooper. Dit sluit die San se pragtige verhaal in oor waar die sterre en Melkweg vandaan kom, hoe Hiëna sy hinkstappie gekry het, waarom die son in ...

Hekselientjie Bonkie Se Eier
R 85.00
Bonkie die draak word wakker. Hy het sleg geslaap. Daar’s iets hards in sy bed … Dis … dis 'n eier! Hekselientjie en Moes verstaan dit nie: Dit kan nie Bonkie s'n wees nie. Bonkie is dan 'n seuntjie en seuntjies le nie eiers nie!

Hekselientjie En Die Draaktrane
R 60.00
Die maan sit al hoog. Hekselientjie word wakker. Als is tjoepstil in Heksiebos. Slaap almal dan nog? Sy steek haar koppie by die deur uit … Brullende besems! Wat gaan dan nou aan? Die hekse en heksies loop almal en snuif en snik. ‘Ek gaan 'n draak met trane soek,’ se Hekselientjie dapper.

Heleen en die heks met hoofpyn
R 150.00
In die middel van die groot bos woon 'n lelike ou vrou met gitswart oe en klitsgrashare, 'n moesie op haar neus en 'n sak vol toorgoed. Sy haat gelukkige kinders met elke beentjie in haar lyf, want hulle gee haar hoofpyn. Erge hoofpyn - sodat sy vir dae aan stink bossies moet ruik om reguit te kan sien. Is sy dalk 'n.......'n heks? Maar daar is ...

Helene de Kock: Keur 1
R 80.00
Helene de Kock Keur 1 bevat vier verruklike liefdesverhale. In Die soete dwaling vlug dr. Daïrus Deetlefs na Londen en hier ontmoet hy die misterieuse Sylvia Saunders. In Seisoen van die skimmelson dink Madel Vermeer dat sy haar jeugliefde slegs tydelik agterlaat. 'n Ontmoeting met 'n vreemdeling verander die verloop van dr. Bernard Linde se lew...

Hier kom die kat (Dr. Seuss)
R 185.00
Ons kyk ...By die deur is 'n harige voet!Ons kyk ...Hier kom die kat met die hoed!Toe die kat met die hoed by Sonja en haar boetie kom kuier, verander hul rustige, netjiese huis in 'n holderstebolder speelplek. Hier kom die kat (oftewel The Cat in the Hat) is een van Dr. Seuss se gewildste kinderboeke. Hierdie is 'n nuwe Afrikaanse uitg...

Hoe die grons Kersfees gesteel het (Dr. Seuss)
R 160.00
Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat ... Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT! Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?

Hoe om 'n Draak se Hart te Breek
R 180.00
Kan Harwarrus ’n onmoontlike taak verrig, teen Berserks baklei, keer dat hy en Visbene vir die Gedrog gevoer word EN die geheim van die verlore troon ontrafel? Dis moeilik om ’n held te wees!

Hoe om 'n Draak se Held te Verraai
R 195.00
Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorlê én boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar ’n bedrieër in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?

Hoe om 'n Draak se Juweel te Steel
R 195.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n meesterlike swaardvegter en draakfluisteraar, en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom – sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?