- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Lulu: Hokaai Lulu
R 190.00
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies to...

Lulu: La di da Lulu
R 150.00
Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! ...

Lulu: Oe la la, Lulu
R 145.00
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!

Lulu: Oepse daisy Lulu
R 145.00
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos 'n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in 'n groot opera...

Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 190.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!

Magriet die stadshoender
R 60.00
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om ʼn eierdief op te spoor.

Magriet en Billie
R 60.00
Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam! In Magriet en Billie kom kuier Billie vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af ... Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie?

Magriet hou konsert
R 60.00
In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg...

Magriet se eierbesigheid
R 60.00
In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam 'n besigheid kan begin. Magriet lê elke dag 'n eier en so word “Lê-'n-eier†gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag as sy groot is ...

Maltrap
R 140.00
Maak jou sitplekgordel vas vir ’n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op ’n dag ontdek hy en sy pa die wrak van ’n ou monsterbakkie in ’n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak … en dit is die begin van ’n maltrap-avontuur!

Manjifieke Mier
R 160.00
ʼn Klein mier vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel dat ander nie op hulle voorkoms beoordeel moet word nie. Die tyd vir die bos se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die bos is daar ʼn nuwe deelnemer – ʼn klein mier. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?

Margot en die Meerman
R 40.00
Margot Lombard is ʼn “koue vis”, of so het sy al self begin glo. Nadat sy haar M.A. in Musikologie voltooi het, gaan hou sy vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar graad cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad Lemmer op die toneel: d...

Max die dapper Gorilla
R 180.00
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontm...

Max die Masjien
R 190.00
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER! Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het s...

Maya se Musketier
R 230.00
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie - en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en...

Meisie met 21 Vrae
R 160.00
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?” Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel. Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?”...