- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks
Raaiselklip
R 225.00
Gabriel skrik wakker in 'n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie - en in die begraafplaas is 'n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy ...
Raaiselsee
R 225.00
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in d...
Raaiselster
R 225.00
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer –’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook ...
Reën vir Stofvlei
R 255.00
Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is 'n regte rabedoe wat eerder saam met die seuns op die plaas rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette. Dit is die veertigerjare en daar is 'n Wereldoorlog wat woed, maar Elsie se grootste bekommernis is die droogte wat die gebied teister. Saam met haar gesin moet sy veg om...
Reënboogrant Maats Omnibus 1
R 260.00
Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n dief wat straatnommers steel, tot ’n droomr...
Reënboogrant Maats Omnibus 2
R 250.00
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwinden...
Reënboogrant Tieners Omnibus 1
R 110.00
Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoërskool, en daar is hope opwinding, pret en liefdesteleurstellings, met partytjies, kêrels e...
Reënboogrant Tieners Omnibus 2
R 110.00
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoërskool, en daar is hope opw...
Reus van der Bees
R 160.00
Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geillustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorle – ...
Richard Scarry se Beste Storieboek ooit
R 295.00
Hierdie storieboek is 'n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekaraktertjies insluit. Die vrolike verhale en prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit....
Richard Scarry: Beste rympies Ooit
R 185.00
Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme. Daniel Hugo se vertalings van ou bekendes soos “Little Miss Muffet”, “Simple Simon”, “Old Mother Hubbard” en “Georgie Porgie” gee hulle ’n onverwagse nuwe lewe in Afrikaans.
Richard Scarry: My Eerste Groot Woordeboek
R 180.00
In Richard Scarry se My Eerste Groot Woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. ’n Plesie...
Riek & Niek: Alergies vir Skool
R 120.00
Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.
Riek & Niek: Roomys op die Planeet Zork
R 120.00
Riek en Niek het ’n plan …’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak. Maar dan steel nare Nanja hulle idee. En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie! Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret ...
Riek en Niek: N Draak op n Skaatsplank
R 120.00
Die skool hou ’n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen. Niek gaan almal laat SKATER van die lag. Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen. Daarom maak sy ’n NARE PLAN om seker te maak Riek en Niek staan nie ’n kans n...
Riek en Niek: Superslak
R 120.00
Spoetniek is nie ’n gewone slak nie. Hy is GROTER as al die ander slakke in die skool se tuin. En VINNIGER ook. Riek en Niek laat hom resies jaag teen die ander slakke. Hy wen elke keer. Maar nare Nanja hou nie van slakke nie. Daarom kla sy by juffrou Burp … e … juffrou Burk … en kort voor lank is arme Spoetniek se lewe in gevaar! Kan Riek en Ni...