- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks

Seile na die Suiderland
R 65.00
Kaapstad is nog net 'n dorpie en die twee neefs, Simon en Wilhelm is nog tieners, maar hulle is mans genoeg om die perdetelery aan die gang te hou op die plaas Heuweluitsig. Toe kom die brief van Simon se moeder waarin sy die twee seuns terugroep Holland toe. Teensinnig berei die neefs voor vir hulle vertrek.

Selfone, SMS'e, Sepiesterre Omnibus
R 280.00
Drie koshuisavonture in een boek!Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, o...

Selfsugtige Songololo, DIe
R 80.00
Songololo is ’n gulsige wurmpie wat gelukkig is in sy tuin maar weier om dit met enigiemand te deel. Om die waarheid te se, hy is trots daarop dat hy geen vriende het nie. Dan, op ’n rampspoedige dag, besluit ’n honger arend hy sal ’n smaaklike happie uitmaak! Sal die ander tuinwesens Songololo na al sy gemeenheid wil red? Jong lesers sal inget...

Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke
R 140.00
Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …

Ses blinde muise en 'n olifant
R 180.00
Een snikwarm dag kom 'n olifant vaak-vaak uit die woud gedrentel en beland in 'n boer se skuur. Hy maak vir hom 'n bed en dommel weg droomland toe. Ses blinde muise sluip uit hulle gaatjie in die skuur om die gedierte van nader te beskou. Is 'n olifant soos 'n muur? Of 'n boom? 'n Spies? Dalk 'n waaier of 'n tou? Kom ervaar saam met ses blinde m...

Seuntjie en die See, Die
R 85.00
Hoe wyd is God se liefde regtig? Hoe diep is dit regtig? Hoe groot kan dit dan wees? Dit is wat elke leser sal sien in Die seuntjie en die see, ’n storie oor ’n seuntjie wie se ouers God se liefde vir hom verduidelik deur die wonder van die skepping. Van die uitgestrektheid van die oseaan tot die hoe hoogtes van die berge neem Max Lucado kinde...

Skaduwees, Skatte en Skelmstreke
R 80.00
Die nuwe skooljaar skop op ’n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir ’n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak. En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip ...

Skandalige Susters Smit, Die
R 155.00
Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is kon...

Skatkis vol Stories, 'n
R 90.00
’n Skatkis vol stories is propvol storie-avonture en lekkerlees-verhale wat 5-8-jariges sal help om Bybelse waarhede te ontdek. Leer vandag nog vir kleingoed waardevolle lewenslesse sodat hulle die ewigheid aan die voete van die Groot Storieverteller kan deurbring. Die pragtige en opwindende stories in ’n Skatkis vol stories help jong harte om...

Skatlam Skaap en die Draakstert Hotel
R 40.00
Skatlam is g'n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy't 'n droom - 'n wonderlike droom … al is sy baie lief vir haar raserige familie. Skatlam wil haar eie hotel he! Sy trotseer baie gevare op pad na die hotel toe, die honger wolf en 'n sissende slang. En dan is daar nog die draak agter die hotel … Geniet Skatlam se...

Skoenlapperleeu, Die
R 160.00
“Ek sal my lewe lank aan jou dink, ek belowe ek sal. Ek sal jou nooit vergeet nie.” Bertie red 'n wit leeuwelpie uit die veld in Afrika. Hulle is onafskeidbaar, maar dan word Bertie ver weg na 'n kosskool in Engeland gestuur en die leeu word aan 'n sirkus verkoop. Bertie sweer hulle sal mekaar eendag weer sien, maar die skoenlapperleeu maak seke...

Skool is 'n Riller
R 205.00
Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens... skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou? Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en ...

Skool van rampspoedige talente en ander gelukkige verhale
R 210.00
'n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die Huistaalklaskamer. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwart...

Skool vir talente
R 210.00
Alva can hear animals speak. But that’s not unusual at her new island boarding school – other children are shape-shifters, can command water, or shrink. Flying classmates and children walking through walls are quite normal here. But why does the broken notice board in the cafeteria speak in riddles?

Skool vir talente: Tweede Periode
R 210.00
In die tweede boek in die reeks hou die kosskool hou 'n filmkompetisie en almal gebruik hulle talente om die wonderlikste tonele te skiet. Alva en haar vriende wil baie graag wen, maar vreemde kragonderbrekings plaas die groot premieraand in gevaar. Kan die vriendegroep betyds uitvind wie verantwoordelik is? En sal die geheimsinnige kennisgewin...

Skreeu en ander verhale
R 250.00
Skreeu en ander Verhale – Soos ‘n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ‘n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle st...