- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks

Spooksoeker
R 250.00
Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.

Spooksoeker 2
R 250.00
Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker # 1. Ongelukkig is dit nie sy lot nie. Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, ...

Spooksoeker 3
R 250.00
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hul...

Spoor (Deon Meyer)
R 325.00
Op 'n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith & Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan 'n spoor trap wat wyd sal loop: 'n Bloedspoor deur die eerste dos...

Spring
R 190.00
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marc...

Springboekie
R 170.00
Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig i...

Sprokie-Perde 1: Vonkel Die Eenhoring
R 80.00
Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal is sy te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op 'n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud

Sprokie-Perde 2: Aandster en die Meermin
R 80.00
Aandster is 'n vliende perdjie wat by die see woon. Hy en sy maats duik en speel graag tussen die wolke bo die strand. Op 'n aand kry Aandster 'n gestrande meermin op 'n rots. Hy wil haar help, maar om haar te red, moet hy iets doen wat hy nog nooit gedoen het nie. Sal hy dit regkry om oor die groot, wye oseaan te vlieg

Sprokie-Perde 3: Krulkop die Feeperdjie
R 80.00
Daar's groot opgewondenheid in Feetjiedal. Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feekoningin se goue koets gaan trek. Krulkop wil so graag gekies word, maar sy is nie so sierlik en elegant soos die ander feeperde nie. Haar droom lyk buite bereik...

Sprokie-Perde 4: Sprankel die Seeperdjie
R 80.00
Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag 'n ander seeperdjie ontmoet, 'n maatjie net soos sy. Sy begin in die wye oseaan na 'n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy 'n vis-nar help...

Sprokie-Perde Omnibus
R 220.00
Ontmoet vir Aandster, Sprakel, Krulkop en Vonkel in hierdie vier pragsprokies vol vriendskap en avontuur.

Sprokies met Lesse - Aspoestertjie se balletskoene
R 60.00
Aspoestertjie wil baie graag by die dorp se nuwe dansskool gaan lesse neem, maar sy het nie balletskoene nie. Sal haar droom ooit waar word? Met hierdie oorpronklike storie oor Aspoestertjie kan kinders van omgee leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.

Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.

Sprokies met Lesse - Word wakker, Doringrosie!
R 60.00 R 120.00
Doringrosie het ’n nuwe ponie genaamd Prins, maar dis harde werk om ’n troeteldier te hê, en Doringrosie is partykeer ’n bietjie lui. Op ’n nag hardloop Prins weg en Doringrosie weet nie of hy gaan terugkom nie. Met hierdie oorpronklike storie oor Doringrosie kan kinders van verantwoordelikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte e...
Sprokies met Lesse: Die Meisie wat Wolf geskree het! 'n Storie oor die waarheid vertel
Soft Cover

Sprokies met Lesse: Die Meisie wat Wolf geskree het! 'n Storie oor die waarheid vertel
R 130.00
Nog 'n opwindende titel in die gewilde reeks sprokies met lesse. Prinses Arabella is verveeld en vertel leuens om haar dae prettiger te maak. Maar dan bring al haar leuens haar in die moeilikheid, en wie gaan haar nou help? Gebruik hierdie verwerking van 'n bekende sprokie en leer kinders hoe belangrik dit is om die waarheid te vertel.

Sprokies met Lesse: Glimlag vir ons Aspoestertjie! 'n Storie oor tande borsel
R 60.00
In hierdie oorspronklike weergawe van ’n bekende sprokie, steel Aspoestertjie die prins se hart met haar pragtige glimlag. Kinders leer hoekom dit belangrik is om elke dag tande te borsel met behulp van hierdie skreeusnaakse storie. Die reeks van vier titels, elk ’n eie weergawe van ’n bekende sprokie, sluit telkens ’n boodskap oor gesonde gewo...