- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Stalmaats: Pretrit
R 70.00
Die skoolvakansie is om die draai. Anri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Nadine is ook lief vir perdy – en Anri kan nie wag om haar aan Megan en Karen voor te stel nie. Hulle gaan die vakansie hope pret by die ryskool hê, met ekstra rylesse en ’n spesiale Paaseier-soektog vir die Peace Shelter...

Stalmaats: Roset
R 70.00
Die groot dag het uiteindelik aangebreek - Anri gaan vir die eerste keer saam met Sugarplum aan 'n ruiterkompetisie deelneem! Maar iets geheimsinnig is by die kompetisie aan die gang ... Kos verdwyn links en regs, en Karen is vasbeslote om die dief te vang. Boonop is Vinette weer vas van plan om Anri-hulle 'n les te leer ...

Stalmaats: Seeponies
R 70.00
Dit gaan die lekkerste vakansie ooit wees! Tien luilekker dae by die see ... Sommer die eerste dag by Ankerpunt maak Anri en Megan ’n ongelooflike ontdekking ... Tussen die kranse bly ’n trop geheimsinnige wilde ponies. Maar die ponies gaan nie meer lank daar wees nie - tensy iemand vinnig ’n plan maak

Stalmaats: Stormnag
R 70.00
Anri kan nie glo Jacques het haar gevra om saam met hom na die Valentynsdans te gaan nie. Intussen is almal by die ryskool opgewonde omdat daar ’n vulletjie op pad is. Maar een stormagtige nag loop dinge verkeerd ... en Anri en Jacques moet blitsvinnig ’n plan maak.

Stalmaats: Totsiens Sugarplum
R 70.00
Anri se verjaarsdag is om die draai. Sy en haar twee Stalmaats vriende, Karen en Megan, beplan die beste verjaarsdagpartytjie ooit. Maar dan hoor Anri verskriklike nuus by Vinette... Gaan Sugarplum, aan die ongeskikte Benedictus Dippenaar verkoop word? Hoekom jok Jacques vir Anri? En gaan hierdie die aakligste verjaarsdag van Anri se hele lewe w...

Stalmaats: Waaghals
R 70.00
Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! ’n Hele langnaweek lank gaan Anri, Megan en Karen doen wat hulle die heel graagste doen – tyd in die buitelug deurbring saam met die perde. Boonop gaan hulle deur ’n wêreldbekende Olimpiese ruiter afgerig word. Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is ’n regte waaghals wat daa...

Stalmaats: Wegholrit
R 70.00
Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ...

Ster en die skugter vyf
R 220.00
Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die an...

Sterre vir die Donker
R 220.00
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil...

Stink sokkies
R 130.00
Ben het ’n probleem. ’n Stink probleem. Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak … en dit ruik kort voor lank aaklig! Van die kinders op die kamp begin hom terg. Gelukkig het sy beste maat ’n briljante plan …

Stoffel die boer
R 150.00
Stoffel moet saad op sy plaas saai, maar sal dit groei? Freek en Frikkie gaan hom help! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stoffel die bouer
R 140.00
Stoffel werk vandag hard. Hy bou vir sy vriendin ’n nuwe huis. Roffel help hom, want daar is so baie om te doen! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stoffel se garage
R 150.00
Stoffel moet al weer iemand met ’n kar help. Sal hy al die karre wat stukkend is vandag kan regmaak? Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stoffel se skool
R 150.00
Dis ’n skooldag en daar is baie om te doen! Die kinders gaan na stories luister, leer tuinmaak en skilder, en boonop middagete kry - alles op een dag! Sjoe! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Storie van Racheltjie de Beer, Die
R 140.00
Racheltjie, haar Pa, haar boetie Jamie en Frikkie die hanskalf trek al vir maande na die groot stad waar ’n beter lewe op hulle wag. Maar wanneer die ossewa breek, moet hulle oorbly by Tant Soekie se verlate ou plaashuis. “As die bergrivierlelie blom soos nou, beteken dit swaar sneeu,” waarsku die ou tante. Sy weet Tant Soekie is reg, want Rach...

Storieland
R 200.00
'n Versameling van 26 bekende en onbekende kinderstories met pragtige illustrasies uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Die splinternuwe uitgawe van stories waarmee generasies Afrikaanse kinders grootgeword het verseker dat 'n nuwe geslag kinders vreugde sal put uit klassieke verhaaltjies. Lochner se lekkerlees-stories is perfek vir voo...